M2 bring gou verligting vir Jhb-motoriste

Herman Mashaba, uittredende burgemeester van Johannesburg, Gautengse premier David Makhura en voormalige IVP-leier Mangosuthu Buthelezi (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Johannesburgse motoriste sal gou verligting ervaar sodra die M2-snelweg weer ten volle in werking sal wees vanaf 4 November 2019.

Die amptelike openingseremonie het Donderdag plaasgevind en onder die gaste was uittredende Johannesburgse burgemeester Herman Mashaba, leier van die IVP Mangosuthu Buthelezi, en Gautengse premier David Makhura.

Mashaba het gesê hy is trots op die werk van die leierskap wat seker gemaak het die projek materialiseer op ʼn optimale vlak. “Hierdie pad is vir die volgende 50 jaar hier vir ons inwoners om dit te gebruik. Maandagoggend om 06:00 sal die pad gereed wees vir motoriste.”

Die pad is in Februarie 2019 gesluit om herstelwerk en instandhoudingswerk te doen aan pilare en brûe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dicky Vicky ·

Sit asseblief n paar e-tol tolhekke op die nuwe fancy M2 …ons wil nou help betaal aan daai instandhoudings-fooie …..aangesien ons nou vinniger by die werk kan uitkom as van tevore….en ek bedank julle.

jessica ·

Seen that you wat to pay for e-toll go ahead don’t use the words ons wil nou hel betaal, talk for yourself, we not all stupid to pay, we pay enough TAX.

Judge Dredd ·

Jy hoef volgende keer net die eerste 4 letters van jou naam te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.