Ma en negejarige seun in Alberton vermoor; tuinwerker vas

Nadine Terblanche en haar seun, Ruandré, is Maandag by hul huis in Alberton vermoor. (Foto: Verskaf)

ʼn 34-jarige vrou en haar negejarige seun is Maandag in hul huis in Alberton vermoor.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, is ʼn 37-jarige tuinwerker reeds in hegtenis geneem en van die moorde aangekla.

Die verdagte was nog in die huis toe die vrou se lewensmaat omstreeks 18:00 by die huis gekom het.

“Volgens inligting is die eienaar van die huis by sy tuiskoms glo deur sy tuinwerker met ʼn byl aangeval,” het Masondo gesê.

“Die man het ʼn veiligheidswag in kennis gestel wat vinnig gereageer en die tuinwerker voorgekeer het. Die man het die vrou en kind in die huis aangetref. Hulle is albei op die toneel dood verklaar,” het Masondo gesê.

Die polisie het nog nie die name van die slagoffers bekendgemaak nie. ʼn Bron na aan die familie het hulle egter aan Maroela Media as Nadine Terblanche en haar seun Ruandré geïdentifiseer.

Nadine het ook ʼn kleuterdogtertjie wat nie tydens die voorval tuis was nie.

Na verneem word, is die ma en seun vermoedelik verwurg.

Masondo sê die motief vir die moorde is onbekend. Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn waar hy op twee aanklagte van moord sal teregstaan.

  • Maroela Media sal meer inligting bekend maak sodra dit beskikbaar is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marius ·

Dit is baie erg , sterkte aan die familie en vriende.
Hier gaan meer mense in SA dood op n daaglikse basis as in n land waar daar oorlog is , my vraag is wat gaan die regering en saps aan dit krisis doen??
Lamola het gister gese die geweld en moorde is nie ras verband nie , ek reken nogal dit is as ek die nuus lees en kyk.

Ore ·

16 Dae van geweld teen vroue en kinders? Die hel is los in SA. Die regstelsel versaak die gewone burger. Regte van misdadigers word beter beskerm as regte van slagoffers. Wonder of Cele vanaand op die kassie gaan wees. Hoe wreed is dit nie. Ek glo die vrou en kind was geen bedreiging vir die moordenaar nie, maar nee, moor is mos die oplossing

Blikkies ·

Bitter jammer vir die familie se verlies. Niemand se lewe behoort so te eindig nie, en mag hy die straf kry wat hy verdien. Ongelukkig ‘n rede hoekom vele mense glad nie meer tuinwerkers of huis werkers toelaat nie.

Hussin ·

Marius, ek is dat die regering en saps niks gaan doen nie. Soos gewoonlik. Hier gaan ook nie veel van ‘n straf wees vir die moord nie. So, hoekom nie net moor nie.

Waarnemer ·

En die tuinwerker gaan dalk 3 mnde sit….dan word die saak uit die hof gegooi….dokumente het weggeraak…..

Marius ·

Hussin – Dit is skokkend om te dink dat n lewe niks meer werd is nie , danksy die land se gehele verval.

Bolandse Nooi ·

Selfs al geskied daar regspleging … die vonnisse in hierdie land vir moord is hopeloos te lig. Ek sou sê dat daar iets soos “mandatory” termyne vir moorde vasgestel word. Bv. moordenaars word deur die bank minimum 20 jaar tronkstraf opgelê, waarvan 8 jaar “gesit” moet word sonder parool … eers daarná, en met bewyse van psigiaters en sielkundige inrigtings en rehabilitasie-kenners mag moordenaars in oorweging kom (dalk) vir parool … en dan moet hulle nog elke aand weer in ‘n inperkingseenheid (nie tronk nie) gaan slaap vir ‘n verdere 2 jaar. Daarna volg huisarres vir nog 2 jaar – hulle mag slegs werk en kerk toe gaan. Eers daarná = volkome vryheid.

Seder op die horison ·

N Moordenaar moet nooit parool kry nie. Hulle moet in n tronk gegooi word waar hy/sy geen regte het nie. tot die dood want hy het die vermoorde se reg weggeneem

Di ·

Die afwesigheid van die polisie EN die korrupte regering om ons mense te beskerm gaan nog in ‘n lelike ding uitdraai! Mense gaan die reg in hulle eie hande begin neem. GENOEG IS GENOEG

Kokerboom ·

Dit is diep tragies! Hoe lank nog kan ons die wrede SA verdra?!!!

Seef ·

Wit Suid Afrikaners sal NOOIT kan saamstaan nie. Ons sal altyd oorheers word omdat ons of te beskaaf of te bang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.