Ma en twee kinders verdwyn spoorloos

Camille Brink (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van ʼn 37-jarige vrou en haar twee dogtertjies wat in Louis Trichardt in Limpopo vermis geraak het. Hulle het na bewering Sondagaand omstreeks 21:30 vermis geraak.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, is Camille Brink en haar dogters, Kaylee (9) en Emily (2), die laaste keer gesien toe hulle van die huis na die plaaslike supermark toe gegaan het. Hulle het nooit teruggekeer nie.

Die polisie het probeer om Brink op haar selfoon te kontak, maar hul poging was tevergeefs. “Die selfoon het net aanhou lui. Die selfoon se stempos is nou aangeskakel,” vertel Ngoepe.

Kaylee en Emily (Foto: Verskaf)

Brink het glo in Kaapstad gebly voordat sy in Desember verlede jaar na Louis Trichardt in Limpopo verhuis het.

Enigiemand wat inligting het oor waar dié drie hulle tans bevind, kan lt.kol. Tshililo Mphagi by 082 565 7877 kontak of dit by 0860010111 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Koos ·

Een ding wat my kop plat maak is dat as die polisie op haar spoor is, hoekom het hulle dan leidrade nodig van die publiek af waar sy haarself bevind?

Ouma B ·

Liewe Heer, ek BID vir hierdie mamma en haar twee dogtertjies se veiligheid, ASB Here, asb! Baie dankie!

Dan ·

Wat ek nie verstaan altyd nie… SAPD het toegang tot toestelle/ prosedures wat die foon kan ‘trace’, hoekom net skakel en berus by die stemnota? Daar is opsies!!! Hoe langer hulle vermis is, hoe bleker lyk die toekoms..

Antjie ·

Hierdie laat my dink aan ʼn soortgelyke geval laasjaar waar die kar later in die see gevind is.
As iemand haar ontvoer het, sou hulle sekerlik haar foon afgeskakel het voor mense dit kon “trace”. Dit help ook nie om die dink pap te lui en dán te probeer “trace” nie!! Ek hoop die polisie soek in die klowe langs die pad, en dat hulle al drie veilig is!

Judge Dredd ·

….weet die polisie nie dat jy ‘n selfoon kan opspoor met sy imei nommer?

Maljan ·

Dit behels werk. Saak geopen in Des. Iemand het iets gekoop en EFT is gedoen wat net na lewering gekanselleer is. Bank trek skouers op. Polisie het die geval geliasseer en sê hulle kan niks vir die klaer doen nie. Die huis adres bestaan nie die SAPD het dit nie eers gaan bevestig nie. Die SAPD kry n salaris in die nuwe SA, hulle hoef nie daarvoor te werk nie.

Jojo ·

Ekke is jy nou ernstig met daai vraag?…….seer sekerlik by die persoon wat haar aangemeld het as vermis.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis tyd dat die selfoon reuse wat miljarde Rande uit Suid Afrikaners maak begin betrokke raak by die voorkoming en oplos van misdaad in hierdie land. Enige polisiebeampte behoort ‘n selfoon te kan naspoor binne minute……en selfone in Suid Afrika behoort so aangepas te word dat SAPD Lede daardie fone tot by die persoon in wie se besit dit is, te kan opspoor. Wat doen die groot selfoon maatskappye om die misdaad in Suid Afrika te bekamp? Ek kan nie wag vir die antwoord nie….

James ·

Waarom so laat in die aand met 2 kleintjies winkel toe gaan? Die kalf was seker in die put.
Hoop hulle is ok.

DS ·

As sy vir spesifieke redes eerder wou wegkom laat weet ten minste net iemand dat julle veilig is. Daai bekommernis of hulle ok is of nie moet die mense wat lief is vir hulle seker mal maak. Bid dat hulle wel ok is.

Mariaan ·

Ag nee SAPD..jul kan tog die foon trace..treurige werk!! Ai..hoop hul is ok…

Klasie ·

Kapenaars aard nie in Transvaal nie… Gaan soek gerus maar daar waar hulle vandaan kom. Sterkte!

Saartjie ·

Baie vreemd, ek glo nie mamma het supermark toe gegaan nie. Kindertjies van 2 jaar en 9 jaar is al in die bed 21:30 in die aand. Veral skoolgaande kinders gaan nie so laat saans slaap nie. Ek hoop hulle word ongedeerd gevind.

Grobbie ·

Is dit wat julle wil weet of die Polisie nie die selfoon kan trace nie. Die antwoord is ja hulle kan en dit word gereeld gedoen. Of hulle dit in die geval doen weet ons nie. Daar is wel sekere vereistes waaraan enige geval moet voldoen om te kwalifiseer om wettig getrack te word. Want anders huil die klomp wat nou moan oor hulle mense regte wat geskend word.

My vraag is hoekom het die vrou Limpopo toe getrek ? Het hulle 21:30 Supermark toe gegaan of is daar eers agtergekom hulle is weg om 21:30. Want dis bietjie laat om Supermark toe te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.