Ma in dieselfde huis as dogter vermoor

Argieffoto

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn groep gewapende mans nadat die tweede vrou van dieselfde gesin Vrydagaand vermoor is.

“Mapule Rejoice Malebane (42) is Vrydagaand omstreeks 19:00 in haar huis by Xikundu in Thohoyandou doodgeskiet,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is dieselfde huis waar haar 19-jarige dogter, Nare Beanice Malebane, op 19 Julie 2017 doodgeskiet is. Beanice was swanger toe sy vermoor is.”

Die polisie is ontbied en hulle het vinnig reageer. “Die vrou is dood aangetref op die vloer met verskeie skietwonde.”

Volgens Ngoepe is die twee vroue op dieselfde manier vermoor deur onbekende persone wat by die huis ingebreek en hulle verskeie kere geskiet het, voordat hulle van die toneel gevlug het.

Beanice was ʼn matrikulant by Jim Chavani High School toe sy gesterf het.

“Die motief is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leahim ·

Die stawwe is uitgedien en moet hersien word bou meer groter tronke en bring die doodstraf terug as n proeftydperk of die probleem gaan vererger

At ·

Doodstraf? Wie gaan hang, miskien die doodskis ouens of die persoon wat homself verdedig, dalk die goeie polisieman wat optree wanneer nodig.Nee, dink nie dis goeie idee nie.

Moeg ·

Ek stem 100% saam met jou!! Die mense wat so doodstraf skree, moet baie mooi dink oor dit en oor die moontlikheid van hoe dit toe gepas kan word soos jy gesê het!!

Want as dit eers weer in werking is, dan kan ons niks doen om te keer dat dit onregverdig gebruik word!!

Baie goed gesê At!!

madels ·

Dis so verskriklik tragies dat hierdie twee mense vermoor is, of dit wit of swart is, dis verskriklik! Ek kry die familie wat agterbly baie jammer. Ons land is nou erger as die wilde wese

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.