Ma in Oos-Kaap ontvoer

Nosipho Sidabuka (Foto verskaf)

Die polisie in die Oos-Kaap stel ondersoek in ná ʼn 51-jarige vrou Donderdag omstreeks 10:00 voor haar seun ontvoer is.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê Nosipho Sidabuka en haar 22-jarige seun is by Tsitsa-brug naby die N2 voorgekeer. Hulle was van Tina Falls na Qumbu op pad toe twee persone, in ʼn silwerkleure Polo, met die nommerplaat ND4735, hulle voorgekeer het.

“Dit het gelyk of die ontvoerders haar iets vra voor hulle ʼn vuurwapen op haar gerig en geld geëis het,” het Tonjeni gesê. “Een van die verdagtes het ʼn skoot op haar geskiet en haar handsak gegryp. Hy het haar toe na hul voertuig gesleep. Die ander verdagte het die seun met ʼn pistool aangerand en hy het borsbeserings opgedoen. Die verdagtes het daarna met Sidabuka van die toneel gevlug.”

Sidabuka het ʼn grys sweetpak, grys stewels en ʼn pienk kopdoek aangehad.

Die polisie in Qumbu ondersoek ʼn saak van ontvoering en poging tot moord.

“ʼn Taakspan is aangestel, maar tot dusver het die ondersoek nog nie enige leidrade opgelewer nie. Enigiemand met inligting word versoek om lt.kol. Nceba Mshiyo te kontak by 071 475 2292.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Ai…. Wat is aan’t gebeur in ons pragtige land… Sodom en Gomorrah.. Sterkte aan die familie en ek hoop sy word ondgedeurd gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.