Ma wat glo gestremde kind vasbind in hof

Die gestremde kind is aangetref waar sy op die vloer in ʼn kamer sit waar sy aan ʼn stoel vasgebind is. (Foto: SAPD)

Die vrou van Bela-Bela in Limpopo wat vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is nadat sy glo haar 12-jarige gestremde dogter aan ’n stoel vasgebind en die kind alleen in ʼn geslote vertrek gelos het, is Donderdag in die plaaslike landdroshof borgtog toegestaan.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou (31) is egter steeds in aanhouding aangesien niemand opgedaag het om haar borgtog van R500 te betaal nie.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die plaaslike polisie deur bekommerde inwoners in kennis gestel is van ʼn kind wat deur haar ma verwaarloos word. Die inwoners het beweer die vrou sluit die kind gereeld alleen in die huis toe en laat haar daar aan haar eie lot oor.

Die polisie het ondersoek ingestel en die gestremde kind aangetref waar sy op die vloer in ʼn kamer sit waar sy aan ʼn stoel vasgebind is.

Die vrou staan tereg op aanklag van kinderverwaarlosing.

Die saak is tot 19 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adel ·

Baie bly niemand het opgedaag vir haar borg nie, nou kan sy ook voel hoe moes daardie arme kind van haar voel elke keer as sy haar toesluit en aan eie lot oorlaat!!

Ouvrou ·

Kind kyk nie ondervoed nie. Dis sommer nonsens. Waar moet ma R500 kry en wie sorg nou vir die kind?

Martie ·

Sien nerens dat hulle iets se van waar die kind nou is nie. Hoop sys veilig en die ma kan maar bietjie sit

Susan vl ·

In gestremde instansies ht ek dit ook gesien… daar is nie altyd genoegsame hande nie… dit keer dat persoon nie ander seer maak, hulleself beskerm teen seerkry of spasmas wat hulle uit die stoel gooi. Ek was geskok.. baie geskok…dus moet ons eers weet wats die sitsuasie. Maar vir my moeilik om te aanvaar….

Wonder net ·

Tog so gou om ander te oordeel. Verstandelik of liggaamlik gestrem?
Was die kind regtig verwaarloos of net vir ‘n rukkie alleen gelaat terwyl die ma gaan inkopies doen het.
Sy kon die kind dalk nie saam met haar neem nie.
As daar ‘n buurvrou was wat bietjie kon omsien terwyl die ma winkels toe gaan was dit moontlik nie nodig om die kind vas te bind nie.
As jy vir 1 dag in daardie ma se skoene geloop het word sy dalk bewonder vir haar deusettingsvermoe.
As dit van pure laksgeid was wat die kind vasgebind was hoop ek die kind kry nou goeie versorging en die ma word van beter geleer.

Poppie ·

Die berig is duidelik: Sy sluit die kind gereeld alleen in die huis toe. As daar ‘n brand uitbreek en die kind is toegesluit, wat dan? My hart gaan uit na die kind. As die kind nog normaal was en die ma gaan net n paar minute uit en die kind wil nie saam, dan ‘n ander saak. Maar nie gereeld nie. My dogter bly in n kompleks en toe sy my bel oor my skoonseun gese het dit is reg dan my kleinseun so bietjie alleen kan bly, wou sy horries kry. Sy was letterlik 500m van die huis en sy sou net ‘n paar minute weg wees.

Dorie ·

Die kind lyk nie vir my verwaarloos, nie, warm kombers en ook warm aan getrek., maar die ondersoek sal seker dinge uitwys. Wat doen so n ma, as sy geen hulp het, om na die kind te kyk nie?, en nog geld ook moet inbring om te oor leef.?, om na n gestremde om te sien is 24 /7, taak.

Antz ·

@Dorie jy sluit beslis nie die kind alleen in die huis toe nie of maak die kind aan n stoel vas nie, ja n gestremde kind is n 24/7 werk so sy moes hulp gevra het, daar is geen rede op hierdie aarde wat die kind soos n dier aan n stoel moes vasgemaak word het nie, sies sy behoort haar te skaam. Ek hoop niemand gaan betaal haar borg nie, sy verdien die tronk.

Karen ·

Duidelik was sy n alleen ouer, geen man of enige een wat kon help. Bure wou eerder op haar split as om hulp te verleen dat sy ook net bietjie rus kry nie. So kind is n 24/7 job en sy het seker ook net moeg geraak of moes gaan werk vir n inkomste of gou winkel toe, maar waar gaan mens met so kind as jy nie geld het nie. Waar is die kamstige hulp wat sy moes gaan vra, en ja, dan beter om die kind seker vas te maak as te los om haarself te kan seer maak of iets onverantwoordeliks doen. Nie dat ek sê wat sy gedoen het reg is nie, maar waar sou sy hulp kon kry. Daar is geen hulp of bystand deur die staat vir mense in sulke posisies wat nie geld het nie. Miskien was sy n kansvatter, wie sal weet, behalwe die mense wat met die saak werk, maar as sy nie die kind verwaarloos het nie en dit bloot gedoen het om gou iewers iets te gaan doen, dan moet die staat na hulleself kyk om sulke mense beter by te staan sodat so iets nie weer gebeur nie.

Kobus ·

Last die gereg en die ondersoek sy gang gaan. Voor jy oordeel uitspreek kry al die feite.

Besorgd ·

Wat hierdie ma aan haar kind gedoen het is en bly onaanvaarbaar. Ek voel jammer vir hierdie kind ek is seker hy/sy is beter af waar ookal die kind geplaas is – die Departement van Kindersorg sou tien teen een genader gewees het om te help.
Die ma kan maar bietjie sit, ek voel R500 borgtog is heeltemal te min. Sy kan nou voel hoe dit voel om opgesluit te wees heeldag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.