Maclear-plaasaanval: Afgetrede boer erg aangerand, gebrand

Francis Davidson (75). (Foto: Verskaf)

Francis Davidson (75), die man wat verlede week vir ure op sy plaas in die Nqanqarhu (Maclear)‑distrik in die Oos-Kaap aangehou en gemartel is, is tans in die hoësorgeenheid van ʼn private hospitaal waar hy onder meer vir breinbeserings behandel word.

Twee verdagtes is reeds in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Davidson se seun, Craig, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy pa is met ʼn houtbalk aangerand. Daar is vermoedelik paraffien oor hom uitgegooi en hy is gebrand. Dit lyk ook of daar iets in Davidson se oor gedruk is en dit moontlik aan die brand gesteek is.

Hy het ook spierskade opgedoen, maar die omvang van sy beserings sal eers later vasgestel kan word.

“My pa is baie fiks vir sy ouderdom. Ek dink as dit nie daarvoor was nie, sou hy dalk nie die voorval oorleef het nie.”

Dit is boonop die tweede keer in sowat sewe jaar dat Davidson, ʼn afgetrede vee- en melkboer wat voorheen onder meer vir Graan SA gewerk het, op sy plaas aangeval is.

Craig sê sy pa kan nie alles oor die jongste voorval onthou nie en dat hulle van beskikbare inligting op die toneel gebruik maak om vas te stel wat presies gebeur het.

“My pa het omstreeks 17:30 op sy stoep gesit en koerant lees. Die honde het in die hoek van die tuin geblaf en my pa het gaan kyk wat aangaan. Dis toe dat ʼn man op hom afstorm. My pa het in die huis ingehardloop. Hy kon nie die veiligheidshek betyds toemaak nie, net die voordeur.

Francis Davidson is tans in die hospitaal nadat hy verlede week op sy plaas aangeval is. (Foto: Verskaf)

“Die man het ʼn houtbalk gebruik om die voordeur oop te breek, waarmee hulle my pa ook ernstig aangerand het. Hy is oor sy hele lyf en teen die kop geslaan.

“Dit lyk of hy in ʼn stadium ook in die tuin vasgebind was.”

Craig sê die aanvallers was basies “die heel aand” by Davidson in die huis.

Volgens die polisie was drie aanvallers vermoedelik betrokke. Hulle het Davidson vasgebind en glo geld by hom geëis.

Die polisie het vroeër ook gesê dat die verdagtes vir hulself kos gekook het voordat hulle van die toneel in Davidson se Mahindra-bakkie gevlug het. Craig sê egter dat sy pa self vroeër die middag kos in ʼn pot laat aanbrand het en dat dit nie dié keer die aanvallers was wat kos gekook het nie.

“My pa se vrou het gesê sy weet hy het vroeër die dag kos op die stoof gehad wat hy per ongeluk laat aanbrand het. So ons weet nou dit was al die vroeër die dag.

“Dit het wel tydens die vorige plaasaanval gebeur [dat die aanvallers hulself met kos gehelp het].”

Die polisie het ook aangedui dat Craig die volgende dag op sy pa afgekom het, maar dit was ook nie die geval nie.

Craig verduidelik dat sy pa se vrou, Heather, versorging in Engeland doen en Francis woon tans alleen op die plaas. Toe Heather hom nie in die hande kon kry nie, het sy vir Craig gevra om ondersoek te gaan instel.

Craig, wat op Elliot sowat 100 km van sy pa af woon, het iemand nader aan sy pa se huis gebel en gevra om te gaan kyk of alles in orde is.

Dié persoon het teruggebel en gesê dat Craig onmiddellik na Maclear moet kom en hom en sy pa by die dokter moet ontmoet. Hy het nog ʼn vriend gebel en vir dié gevra om die plaasaanval so gou moontlik by die polisie te gaan aanmeld.

Craig was teen Dinsdag besig om self nog inligting in te samel om vir die polisie te gee en vorms vir die dossier in te vul. Hy beplan egter nie om die hofverskyning by te woon nie, en sê dat hy dankbaar sal wees as die regstelsel die oortreders laat boet.

“As jy ʼn Christen is, is weerwraak nie vir jou nie. Ons het nou alles gedoen wat ons kan.

“Nou is die belangrikste vir ons om my pa weer op die been te kry, die polisie in die ondersoek by te staan en die huis nog veiliger te maak.”

Aan genade oorgelaat

Bonny Schlebusch, Davidson se dogter, sê dit is ʼn “tragedie dat mans soos hy [Davidson], wat in die Oos-Kaap gebore en getoë is, met ʼn liefde en diep verbondenheid aan die plek, nie hul lewe veilig kan leef in die omgewing wat hulle nog altyd ‘huis’ genoem het nie”.

“Ná ʼn lewe wat aan boerdery toegewy was en ʼn liefde om vir baie jare met opkomende boere te werk, sal hy dalk die plek wat hy liefhet moet verlaat om sy lewe te behou,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Renier ·

Craig jy is n beter mens as ek,as dit my familie was,was daai twee en hulle familie nie meer op aarde..

kaplyn ·

Ek stem saam dat Malema te veel media dekking (lugtyd) kry!

Henk ·

Graig my innige simapatie met jou Vader se aanranding mag hy heeltemal herstel.
Ons moet tot die besef kom dat ons alleen is en verniel word.
Niemand kyk na ons nie.

Papsak ·

Dit is nou regtig dierlik van hulle om n bejaarde so te verniel was dit nodig vra ek

george ·

Dit begin vir my al hoe meer voel dat roof deesdae n sekondere aksie tydens n plaasaanval is. Die manier waarop die arme mense seergemaak word spreek vanself…. Dis asof daar n duidelike boodskap uitgestuur word wat se om die eienaars van die plase te martel en te vermoor is die eintlike rede hoekom daar aangeval word. Die roof en buit is maar net n bonus. God help ons almal.

Misky ·

Intussen swyg ons president en minister van polisie. Ook ontken hulle plaasmoorde en hierdie is mos deur en deur bewyse daarvan. Veral so wreed en die haat is diep gesetel.

Papsak ·

Hulle noet malemma so gaan aanrand laat hy voel hoe voel dit

Di ·

Nee wat die skurk word goed bewaak deur sy lyfwagte. Hy is ‘n lafaard wat wegkruip agter aaanhangers wat sy vuil werk vir hom doen. Dis net sy mond wat so groot is, verder is hy ‘n “nobody”

Marina ·

Maar nee, hierdie is net “gewone misdaad”? Dit is absolute haat-misdaad! Kan jy jouself voorstel as die rolle (kleure) omgeruil was? Dan het die hofnar, Juju, mos lankal rondgespring en brand gesteek?

Blomkind ·

Tot daar nie meer boere oor is om kos te voorsien nie…Dan gaan ons Spar toe WANT Spar/ Shoprite/ Checkers maak mos al die mielies en ensovoorts agter in die kombuis nê…

Vonny ·

Siek en sat vir SA.
Abba Vader kom haal ons almal Asb!!
Tyd vir die eind tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.