Malema wil dié boek van rakke verwyder

Julius Malema, leier van die EFF (Foto: EFF/Twitter)

Die EFF-leier Julius Malema wil nie die ondersoekende joernalis Jacques Pauw se nuwe boek, waarin hy geïmpliseer word, op die rakke sien nie.

Malema se prokureurs, Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, en EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi het Maandag ’n dringende brief aan NB-Uitgewers gerig waarin geëis word dat kopieë van Pauw se boek, Our Poisoned Land, van die land se boekwinkelrakke verwyder word, teruggetrek word en nooit weer uitgegee word nie.

Dit volg enkele dae nadat die boek Vrydag onder NB-Uitgewers se hoofdruknaam Tafelberg uitgegee is. Die boek is Pauw se opvolger op die topverkoper The President’s Keepers (2017) en lê onder meer Malema se omstrede verhouding met die selferkende sigaretsmokkelaar Adriano Mazzotti bloot.

Malema, Shivambu en Ndlozi eis nou in die prokureursbrief dat Pauw en NB-Uitgewers hulle, sowel as alle lede van die EFF om verskoning vra “vir die nalatige en mala fide publikasie van onware, ongeverifieerde en lasterlike bewerings”.

(Foto: NB-Uitgewery)

Pauw is egter min getraak.

“Die EFF se eise herinner aan soortgelyke pogings, amper presies vyf jaar gelede, toe die destydse spioenbaas Arthur Fraser gedreig het om intelligensiewetgewing te gebruik om The President’s Keepers van die rakke te verwyder.”

Meer as 210 000 kopieë van dié boek is sedertdien verkoop.

NB-Uitgewers sê die uitgewery staan vierkant agter Pauw.

“Die inligting in die boek is behoorlik verkry en wettig gepubliseer. Die eise vir die verwydering van die boek en ’n verskoning word verwerp,” sê die uitgewery in ’n verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

JohanR ·

Bring daai boek. Sit hom op elke rak beskikbaar. Ons leef nie in China. The truth hurts ne MAL-ema!

Magda G ·

Kan hy ooit Afrikaans praat, lees of skryf. Twyfel baie sterk

Johannes_64 ·

Niks beter as gratis reklame nie. Hoe groter die boehaai hoe beter. Hoop daar is ‘n hof wat instruksie sal gee om die boeke te verwyder van winkel rakke, dan sal dit moontlik internasionale reklame geniet.

miche ·

Johannes_64, mense lees jou kommentaar verkeerd en hul verstaan dus verkeerd.
Internasionale reklame!

GWS ·

Jacques sal nooit iets laat publiseer wat hy nie kan staaf nie!!! Bring it on Malema, dat die wêreld van jou sondes hoor!!!

Waarnemer ·

Kan ons hierdie boek elektronies kry voor mal-ema se eise deur sy broers in die regering voltrek word.

Sobymykoolkop ·

GOEIE blootstelling, verkoopsyfers gaan sommer heelwat meer wees, die klein bang nar wat homself verbeel dat hy verhewe bo als wat goed en reg is ( CIC beteken eintlik hoofnar) . Sal maar moet sien hoe lank staan die uitgewer sterk voor hulle voor die hoofnar en sy dwergies se dreigemente swig. Malema natuurlik bang sy nie sulke slim volgelinge agterkom hoe LEKKER leef die
” leierskap ” met White monopoly capital.

miche ·

In effek beteken dit ons kan binnekort weer anargie verwag. Veral in die “Malls”.
Hul ( EFF)gaan weer alles omkeer…binnekort.

Aggie ·

Kom ons wees liewer positief dat dit nie sal gebeur nie????

Andrè ·

He he niks lekker as ou malemmer aan die ontvangkant is nie

Leana ·

Dankie vir nog ‘n boek, Jacques! Dankie vir gratis publisiteit, malema.

Cabous like braai ·

Ek moet met jou deel……Ek gaan daai boek so geniet ..sorry Malema die waarheid maak seker seer ne …LOL

Aikie ·

Wat ‘n advertensie vir die boek! Nou gaan hy van die rakke vlieg want almal wil nou weet wat se ongure dinge die EFF en kie aangerig het.

Lillian ·

Nou wil ek graag die boek lees! waar koop ons dit? Want die waarheid is gewoonlik ‘n bitter pil om te sluk!

Daniel ·

Gaan seker weer sy speelgoed uit die kot gooi as hy nie sy sin kry

George ·

Thanks Julius, as dit nie vir jou was nie sou ek nie weet van die boek nie, nou sal ek hom op my lys sit, en sommer n kersgeskenk ook gee.

Marius ·

Ai siestog MALema , ek wil graag n miljoener wees maar dit gaan ook seker nie gebeer nie want ek is te eerlik en werk maar hard vir dit wat ek het. Die waarheid maak seer ne?

Vonkprop ·

Is daar ietsie in die boek wat ons nie mag lees nie? En terloops Malema, jy mag dalk die fisiese boek probeer keer, maar het jy al gehoor van digitale kopieë? Probeer dit keer jou ou gloeilampie.

Misky ·

Lekker bloedneus Mal-emma!!!!! Die waarheid maak darem seer neh!

Robert ·

Free speech for only some? Jammer ou malemmer, jy kan nie alles kry nie.

CHRISTINE ·

EN ONS WIL MALEMA NERENS SIEN NIE. WAT MAAK HOM SO SPESIAAL DAT HY KAN HIED EN GEBIED WAAR ALMAL EINTLIK DIE REG HET OM DIE WAARHEID TE KAN LEES.

Marie ·

Gaan koekeloer op Takealot, klaar daar en op daily deals ;) vandag

Hannelie ·

Nou toe nou, ek het nie eens geweet Malema kan lees nie!!!!

Jannie van Niekerk ·

Ek hoop net dat Andre Gaum en Chris Nissen se Malema Regte Kommissie nie die uitgewers beveel om die boek te verwyder nie..

Jacobus ·

NB uitgewers julle sal weet watse vinger om vir hulle te wys.

Perdeby ·

Sy skandes kom uit dit is hoekom hy dit wil laat verwyder! kry vir jou! Die boek bly net waar hy is………OP DIE RAKKE!

Esme ·

En hoekom moet die boek verwyder word? Daar is absoluut geen respek betoon aan alles wat vir ons waardevol is nie. ‘n Sekere Mnr Mandla Zuma wil dan kwansius ‘n Anglo Boere Oorlog tot nuut maak en vervang met ‘n winkelsentrum.
As die boek die waarheid spreek, sal ek dit self aanskaf om meer te wete te kom oor ‘n ‘hoogs aangeskrewe’ politikus.
Nee wat, daar geld ‘n dubbele stel reels en wette in die land. Alles hang van jou velkleur af.

Moedeloos ·

Ha ha ha spring soos n kat op n warm plaat. Voel seker skuldig

Christo ·

Dankie Juju. Ek was nie van plan om die boek te lees nie, maar nou wag ek net vir my aflewering van takealot…

Di ·

PUBLISEER daai boek, hoop sy volgers lees dit ook om te besef wie hy REGTIG is! Sal beslis self die boek aanskaf. Hy gaan aan of hy almagtig is om almal voor te skryf en te dreig. SKUIM

piet ·

Die waarheid kan nie laster wees nie. Eintlik moet ons hoop die aangeleentheid vorder tot by ‘n hofsaak dan kan al die feite as die waarheid voorgele word.

gpsa ·

Respek aan Jacques Pauw. Ek het Presidents keepers gelees en hy draai nie doekies om nie. Beste is hy staan daarby.

Jr ·

Daar is niks maar NIKS ONWAAR in ” The president’s keepers”. Kyk maar. So mal emma I think dit is die rede hoekom jy hom van die rak wil afhê

JM ·

Malema floreer op moeilikheid soek. Een of ander tyd moet hierdie kaartmannetjie van sy troontjie afval, want hy dink dat hy gearriveer het. Wil alles met geweld en dreigemente oplos. Nie almal skrik vir jou nie Malema, ook nie NB Uitgewers nie!

Wendy ·

Ag Malema hou jou by jou lees asb as jy kan lees , waarheid maak seer ne !

Danie ·

ha-ha-ha! so min as wat hy verskoning wil vra vir sy rasistiese uitlatings – net so min verdien hy verskoning vir wat hier as die waarheid in vet druk is. Jou dae is getel mr. Malema.
Die wiel draai….

LeanetteS ·

Ai ai Malema….en wat gaan jy doen aangaande die boek wat mens in PDF formaat kan aflaai? Ek het die PDF formaat, so wat nou?

Maritza ·

Malema mag “freedom of speech” he maar nie Pauw nie? So kom jou sondes uit Malema. Kry vir jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.