Man aangekla in verband met vermiste vrou

Die vermiste Desiree Baartman. (Foto: Verskaf)

ʼn Man sal Dinsdag in die Gqeberha-landdroshof van poging tot moord aangekla word in verband met die vermiste Desiree Baartman (57).

Die huis waar Baartman gewoon het, is oor die naweek deursoek en volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is daar tekens van moontlike gemene spel gevind. ʼn 59-jarige man is hierna in hegtenis geneem en daar is op ʼn vuurwapen beslag gelê.

Die verdagte sal aangekla word hoewel daar nog geen teken van Baartman is nie.

Baartman is verlede Vrydag (9 Junie) vir die laaste keer gesien. Sy is na bewering dié dag omstreeks 10:00 by haar huis in Nagelstraat weg en het nog nie weer teruggekeer nie.

Daar is aanvanklik navraag gedoen by familie en vriende by wie Baartman gereeld gaan kuier. Ook hulle het haar nog nie weer gesien of van haar gehoor nie en Baartman is Woensdag (14 Junie) as vermis aangemeld.

Baartman se eksman het haar die betrokke dag as vermis by die polisie op Bethelsdorp aangemeld.

Volgens Naidu gaan die soektog na Baartman voort en het verskeie polisie-eenhede Maandag die veld en omliggende gebiede in die omgewing van die vermiste vrou se huis gefynkam in ʼn poging om haar op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yolandie ·

Nog ‘n vrou wat deur geweldsmiddaad nie meer met ons is nie. Die eksman is nou seker weer die culprit…….dis ‘n hartseer saak hierdie. Sterkte aan die familie wat deur die tyd van onsekerheid gaan ek hoop sy word gevind sodat julle antwoorde kan kry.

Bre ·

Yolandie, moord is hartseer maar dit gaan my verstand te bowe dat hulle skei en DAARNA nogsteeds bymekaar BLY. Waarom dan skei, vra ek myself af.

Sêmanet ·

Ek wil ook weet? Gewoonlik is die gereg nie gou om iemand sommer so aan te kla van poging tot moord, sonder ‘n liggaam of bewyse nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.