Man agt jaar ná moord op wildsplaas verhoor

Christine Robinson (Foto: Ian Cameron/Twitter)

Byna agt jaar nadat Christine Robinson op haar wildsplaas buite Thabazimbi in Limpopo verkrag en vermoor is, word haar vermeende moordenaar en verkragter eindelik verhoor.

Andrea Imbayarwo sal van Maandag af in die hooggeregshof in Polokwane op verskeie aanklagte, waaronder moord, verkragting, huisbraak en roof met verswarende omstandighede, verhoor word. Hy word ook beskuldig van die oortreding van die Immigrasiewet.

Die saak is tot Donderdag op die hofrol geplaas.

Robinson is in Julie 2014 verskeie kere met ʼn mes in haar huis by die Rra-Ditau Bush Lodge gesteek en toe glo verkrag en beroof. Haar moordenaar en verkragter het daarna na Zimbabwe gevlug, maar later weer na Suid-Afrika teruggekeer.

Imbayarwo was destyds ʼn werknemer by die Rra-Ditau Bush Lodge buite Thabazimbi waar Robinson vermoor is. Hy het in daardie stadium al glo langer as tien jaar vir Robinson gewerk.

Ian Cameron van die burgerregteorganisasie Action Society het destyds gehelp om Imbayarwo vas te trek nadat hy verskeie identiteite gebruik het.

Andrea Imbayarwo (Foto: Ian Cameron via Facebook)

Action Society is nou deur die familie aangestel om die saak te monitor en die betrokke partye verantwoordbaar te hou.

Cameron het vanoggend aan Maroela Media vertel dat hy ná die moord op Robinson, ’n Britse burger, gereeld in verbinding was met haar familie in die buiteland. Hy sou elke jaar met die herdenking van die moord met die familie gesels en hoor hoe die saak vorder.

Lehanne Sergison, ’n familielid van Robinson, het hom in 2020 gevra om te help om die vermeende moordenaar vas te trek en Cameron het ’n inskrywing op Facebook gemaak waarin hy die publiek om inligting gevra het.

Hy het dieselfde dag nog inligting van ’n lid van die publiek ontvang oor waar Imbayarwo hom bevind. Cameron het toe saam met onder meer oud-kol. Sakkie Louwrens, wat destyds die ondersoekbeampte in Robinson se moord was, gewerk om Imbayarwo vas te trek.

Imbayarwo is in Julie 2020 – ses jaar na die moord op Robinson – in hegtenis geneem. Imbayarwo was toe as Andrew Ndlovu bekend en het in daardie stadium onder ʼn skuilnaam in Johannesburg gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Swerwer ·

Uitgeslape! Weereens……….vermoor die hand wat voed. Net weer ‘n bewys …………………………..
verander identiteit want kommunisme seëvier mos in ons land.

Marcello ·

Ek hoop die familie sal nou “closure” kry. Sterkte aan die familie en vriende.

Owlie ·

Wat is die redes dat moordsake met bewyse so lank moet sloer

Jannie van Niekerk ·

Om Cyril en Julius se “Our People” te beskerm.

Di ·

Nou waar is Rampie nou wat die immigrante so beskerm! Ons eie mense word deur hierdie spul vermoor maar hy beskerm hulle. Ek neem nie die Dudula groep kwalik vir wat hulle probeer doen nie. Regering is te sleg om duisende onwettige immigrante in die land op te spoor en terug te pos waar hulle vandaan kom EN om ons grensposte te beveilig. ANC Kaders word mos almal beskerm deur lyfwagte en sit in poste waar hulle massiewe salarisse verdien om die land te verwoes. ONS as landsburgers dra die gevolge hiervan: moord en roof daagliks, transito rooftogte, verkragtings, ontvoerings, kapings asook groot werkloosheid.

Boer ·

Dit is so jammer die dood straf is weg. Want sulke mense het nie die reg om te leef nie.

Wat op dees Aarde ·

Weereens ‘n onwettige buitelander. Maar praat mens uit oor die situasie is ‘n trotse Suid-Afrikaner mos maar xenofobies.

Jannie van Niekerk ·

Dis oor en oor bewys dat die meeste plaasaanvallers buitelanders van Zimbabwe, Lesotho en Mosambiek is maar nogsteeds is daar plaasboere wat hulle in diens neem.

Pieter J ·

Hierdie laat ń mens verstaan hoekom mense soms die wet in eie hande neem. Die straf wat die staat tans uitdeel vir diesulkes skiet ver te kort.

Charl ·

Uiteindelik geregtigheid !! Raak ontslae van die gemors !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.