Man beken skuld wat verkiesingsplakkate steel

(Foto: Twitter via @IECSouthAfrica)

Die Demokratiese Alliansie (DA) verwelkom die skuldigbevinding van mnr. EA van Zyl ná hy partypolitieke verkiesingsplakkate tydens die 2019 wyk 30 Stilfontein-verkiesing in Noordwes gesteel het.

Die DA het klagtes teen Van Zyl aanhangig gemaak ná beeldmateriaal bekom is waar hy verkiesingsplakkate van straatpale in wyk 30 verwyder.

Die saak het Woensdag in die hof voorgekom en Van Zyl is skuldig bevind op aanklag van diefstal. Van Zyl het ʼn skulderkenningsboete van R2 000 betaal.

“Die DA loof die werk wat die plaaslike polisie gedoen het om die oortreder in hegtenis te neem en genoeg bewyse te bekom om ʼn skuldigbevinding te verseker,” sê Bea Campbell-Cloete, DA-raadslid in die Dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit. Van die gesteelde plakkate is in Van Zyl se huis in Stilfontein gevind.

“Met die plaaslikeregeringsverkiesings wat vir 27 Oktober 2021 geskeduleer is, word lede van die publiek en politieke partye daaraan herinner dat dit kragtens die Verkiesingswet en Verkiesingskommissie se gedragskode onwettig is om verkiesingsplakkate te verwyder. Individue en politieke partye kan vervolg word indien dié voorwaardes oortree word wat vry en regverdige verkiesings probeer verseker.”

Volgens Campbell-Cloete moet die skuldigbevinding en skulderkenning ʼn sterk boodskap te stuur dat sulke gedrag ondersoek en vervolg sal word.

“Die DA maan lede van die gemeenskap om nie enige plakkate van enige politieke party te bederf of te verwyder nie en om sulke voorvalle by die polisie aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Die plakate moet dan ook na die verkiesing verwyder word deur die wat dit opgesit het, lank daarna pruik dit nog steeds.

anko ·

Daar is blykbaar voorskrifte hoe lank na ‘n verkiesing plakkate verwyder moet word. Sommige plekke gebeur dit betyds ander laat dit hang tot die wind dit in flarde geruk het

Ovelia ·

By ons in Parys is di verkiesings kantoor gesluit. Ek glo dis die anc. Ons kan ni regestree om te gaan stem nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.