ʼn 27-jarige man van Newcastle in KwaZulu-Natal is Donderdag ernstig beseer toe ʼn kettingsaag op sy been geval het.
“Die man was besig om ʼn boom af te saag,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het die bloeding probeer stop en hom na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.”
“Kettingsaag” iets wat NOOIT sonder behoorlike opleiding hanteer moet word nie. Sterkte aan die beseerde.
Eina. Sterkte. Ek wonder nou net in my stilligheid: hoe lank voor iemand begin om van alle kettingsae te wil ontslae raak, want dit kan n mens seermaak… of selfs doodmaak…
Vuurwapen-onteiening….. :-|