Man, buurvrou buite hul huise doodgeskiet

Argieffoto

Twee mense in Noordwes, ʼn man en sy buurvrou, is dood toe hulle gaan ondersoek instel het nadat hulle skote buite hul huise gehoor het. Albei is geskiet.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf mense is Saterdag tydens dié voorval in Uitbreiding 11 van Khuma buite Stilfontein gewond.

Volgens Funani word daar beweer dat die vyf mense, insluitend die man en sy buurvrou, omstreeks 20:00 geskiet is. Die man het op die toneel gesterf, terwyl die 30-jarige buurvrou op pad na die hospitaal gesterf het.

Die verdagtes het onmiddellik ná die skietery van die toneel gevlug en die polisie is ontbied. Die polisie het inligting ontvang dat die verdagtes in twee voertuie op pad na Hartbeesfontein is en beamptes het die voertuie voorgekeer. Tien verdagtes is in hegtenis geneem.

Volgens Funani is die motief vir die voorval nog nie bekend nie, maar vorm deel van die polisie se ondersoek.

Die tien verdagtes sal Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord, vier van poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oom Kalahari ·

Waarom al die geweld, verkragtings, roof en moord. Elke liewe dag gaan dit so en vrede kan net nie toegepas word nie. Voorheen was daar nie so ‘n gevreesde en tronk lewe nie en kon mens sosiaal verkeer en alles openlik geniet. Waarom is dinge vandag anders en sovele vlugtelinge na die buiteland?

Adri ·

Oom Kalahari, jy weet net so goed soos ek wat is die antwoorde op jou vrae. Maar ons durf dit nie by die naam noem nie, want dit is nie polities korrek nie en ons loop gevaar om in die tronk te beland.

Selfbeskikking ·

Selfbeskikkingsondergandelings met die regering en buiteland is die enigste opsie vir ons voortbestaan.

Sinies ·

Onthou maar altyd, hierdie is hoe die CIA menige lande tot burgeroorlog gedryf het.
Jy skiet, moor en beskuldig die ander kant. Na altwee kante toe.
.
Wat sien ons tans?
.
Elke maand word 15 jongmense Amerika toe gestuur vir ‘opleiding’, kom ons noem hulle die ‘stormtroepe’, maar moenie die rol van die ideologiese opsweping van SJW in die hoër onderwys onderskat nie, hulle skep die klimaat vir dit wat gebeur.

Vincent ·

Mens noem dit post-apartheid vergryping. Met ‘n rugraatlose and boonop korrupte regering, kan jy maar vergeet van daardie vreedsame dae. Mense leef deesdae net tussen woning, werk en shopping malls. Die regering is nou kommunisties and sluit mense van een velkleur op vir vryheid van spraak. Reverse Racism at work!!!

David Zurnamer ·

Snaaks hoe gou en effektief die SAPS díé keer opgetreë het… Wonder maar net. Wie woon in die genoemde uitbreiding?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.