Man dood in motor gevind

Foto: ER24

ʼn Man is Maandagmiddag dood in sy motor in Randburg, Johannesburg, gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is om 12:00 deur ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy na die toneel in Pineweg ontbied.

“Paramedici het ʼn man in die bestuurdersitplek van die motor aangetref. Hy het verskeie skietwonde aan sy liggaam opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Ongelukkig was daar niks wat vir die man gedoen kon word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die provinsiale polisiewoordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leahim ·

Die sekuriteit beamptes het paramedici ontbied die polisie woordvoerder kon nie vir kommentaar bereik word nie ,misdaad is buite beheer en die polisie ondersoek net sake wanneer gaan iemand vir hulle sê om misdaadvoorkoming te probeer

Marinda ·

Sê ons asb net watse motor die man in gevind is en of dit ñ blanke man was.

magrietha ·

Nuwe SA : wat wetig word onwetig verklaar wat onwetig is is nou wetig as iemand in jou pad staan!!!! Wat gebeur dan

Lientjie ·

Volgens Netwerk24 is dit ‘n metertaxibestuurder wat dood gevind is in sy voertuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.