Man dood ná motor in swembad beland

Die swembad waarin die motor beland het. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ’n man is Woensdagoggend uit die wrak van ’n motor gehaal nadat dit in ’n swembad in Westville buite Durban beland het.

Volgens die man se familie is hy Dinsdagaand net voor 20:00 by die huis weg. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie. Dit is nie duidelik hoe die man beheer oor sy motor verloor het nie, maar die motor het in sy bure oorkant die straat se swembad beland.

Derrick Banks, woordvoerder van Redline Response, sê dié nooddiens is vanoggend omstreeks 06:30 na ’n private woning in die omgewing van Westville ontbied waar ’n motor onderstebo in die swembad aangetref is.

“Dit was in daardie stadium onduidelik of daar iemand in die voertuig is aangesien niemand die voorval sien gebeur het nie,” sê Banks.

Paramedici het met behulp van die polisie en ’n insleepdiens die motor effens beweeg om vas te stel of daar iemand in die wrak vasgekeer is. Dit is toe dat hulle op die liggaam van ’n man in sy 40’s, vermoedelik die bestuurder, in die motor afkom.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Die owerhede was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Miena ·

Wil jy regtig vir my se dat niemand niks gehoor het nie? Nie eers die bure nie? Glad nie n dowwe bots-geluid of harde geluid in die nabye omtrek nie? Klank trek ver in nie aand. Iets is nie pluis nie…

Sheree ·

Wil jy vir my se niemand het iets gehoor nie? Waar is die inwoners van die huis dan gewees? Ekt baie vrae..

JohanR ·

Was een aand al in die bed toe ‘n ou daar my my die draai te vinnig vat en die woonstel blok soe aan die kant van myne, se hek heeltemaal in sy glorie in te ry. Hy het reg gekry om sy stukkend motor in trurat te gooi en daar weg gejaag. Ek lees nou van die kar in swembad en die aktrise Ann Heche het die naweek haar mini in ‘n huis in geploeg en die kar het to aan die brand geslaan.

domheks ·

Wonder waarheen was die man? En het sy mense hom nie gesoek nie?

Sandra ·

‘n Kar bars deur ‘n muur, land in die swembad en niemand hoor iets nie. En kyk watter gemors die slag aan die muur en kar gemaak het. Die kar het seker saggies deur die muur gebars. Baie vreemde verskynsel. Mense trap net vreeslik brieke in ons straat en ons hoor dit.

Voilet ·

Hoe hoor niemand iets nie??? Waar was die huis eienaars en die bure?

Veronika ·

Hoe kan niemand niks gehoor het nie, die slag deur n betonmuur is hard! Wat gaat hier aan??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.