ʼn Man in sy 30’s is Dinsdagmiddag dood toe hy onder ʼn vullisbak beland het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 13:10 op die Witdeep-pad in Germiston plaasgevind.
“Met paramedici se aankoms op die toneel is hulle na die vullisbak geneem waar die man onder die reusebak gelê het,” het Meiring verduidelik.
Dit blyk dat die vullisbak van die vragmotor losgekom, van die pad af geswaai en die man, ʼn voetganger op die sypaadjie, getref het.
Die man is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die voorval.
how tragies dat mens in die land van onbevoegdheid nie meer op straat kan waag nie.
Saak van strafbare manslag moet gemaak word.
Saak van strafbare manslag moet ondersoek word?
n Saak van strafbare manslag teen die vullisbak?