Man dood ná vullisbak op hom val

Foto: ER24.

ʼn Man in sy 30’s is Dinsdagmiddag dood toe hy onder ʼn vullisbak beland het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 13:10 op die Witdeep-pad in Germiston plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is hulle na die vullisbak geneem waar die man onder die  reusebak gelê het,” het Meiring verduidelik.

Dit blyk dat die vullisbak van die vragmotor losgekom, van die pad af geswaai en die man, ʼn voetganger op die sypaadjie, getref het.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

how tragies dat mens in die land van onbevoegdheid nie meer op straat kan waag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.