ʼn Man, vermoedelik in sy 50’s, het Maandagaand ernstige beserings aan sy rug sowel as verskeie beenbreuke opgedoen toe sy sweeftuig in ʼn boom beland het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hul paramedici het Maandag omstreeks 18:00 ʼn oproep van ʼn plaaslike ambulansdiens ontvang om ʼn man te behandel wat in ʼn sweeftuigongeluk by Karkloof in KwaZulu-Natal betrokke was.
ʼn Vriend van die man kon nooddienste in kennis stel van die voorval.
“As gevolg van die terrein moes paramedici en reddingspersoneel eers ʼn ent stap voordat hul by die toneel kon kom. Die man het vermoedelik beserings aan sy rugwerwels sowel as verskeie beenbreuke opgedoen,” het Herbst gesê.
Die man is volgens Herbst op die toneel gestabiliseer waarna ʼn militêre helikopter van Durban hom ná ʼn plaaslike hospitaal vervoer het.
Die polisie ondersoek die voorval.
Beterskap ou maat!
(Was dit ‘n sweeftuig (‘glider’), vlerkswewer (‘paraglider’) of hangswewer (hang glider’)?
Piloot; wat maak dit saak watter soort sweeftuig dit was?? Die artikel handel oor ‘n man wat ernstige beserings opgedoen het. Wense aan hom vir ‘n spoedige herstel.
Ag nee wat, Pierre – dis glad nie so nie. Jy lees dalk te veel in sy boodskap.
Hoe lekker lag ek nou Jozi!
Ek kan nie glo jy vind dit snaaks nie.