Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verdagte Toyota Fortuner is in Bronkhorstspruit opgemerk en polisiebeamptes het die motor begin agtervolg. Die motor het egter in ʼn stadium van die polisie se radar verdwyn en is later weer opgemerk op die N1. Die motor het by die Murrayhill-afrit naby Hammanskraal afgeklim.
Volgens Makhubela het die helikopter die motor se weg versper en is daar uit die helikopter op die motor geskiet. Een van die twee insittendes, albei Zimbabwiërs, is geskiet en gewond. Die een man is in die hospitaal onder polisiebewaking terwyl die ander in aanhouding is.
Die polisie het op onwettige sigarette en die motor beslag gelê. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van die besit van ʼn gesteelde voertuig en onwettige sigarette.
Ja, daar gebeur tog ook knap dinge. Baie geluk. Ek hoop hiedie ongewensdes word gedepordteer. Alles die gevolg van instromingsbeheer wat opgehef is en onwettige imigrante
sal graag wil sien hoe Klimt n voertuig van die pad af.
Daar staan nêrens geskryf dat dit afge’Klimt’ het. Die beriggewer kan spel en het geskryf ‘afgeklim’.
Tensy dit later reggemaak is sonder ‘n verduideliking natuurlik.
Wanneer gaan die ANC besef dat onwettige immigrante hier is vir n skadelike doel. As hullle nie ons besittings steel nie, steel hulle ons boere se lewens en as hulle dit nie reg kry nie, vat hulle ons mense se werk en hulle vrouens. Dit is tyd dat die regerende party rugraat kry. Daar is nie plek vir onwettige immigrante in Suid Afrika nie.
Wel gedaan SAPS!!!! You rock!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!