Volgens brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het die voorval Saterdag plaasgevind. Die man is op die toneel dood.
Ngubane het gesê die man se beweerde makker kon daarin slaag om van die skare te ontsnap en is met ʼn kopwond na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. “Die oorledene en sy makker was glo deel van ʼn sindikaat wat mense van hul bankkaarte beroof het en dit gekloon het.”
Volgens Ngubane het ʼn groep mense Saterdag ʼn winkel in die gebied geplunder voor hulle die oorledene en sy makker voorgekeer het. Hy het gesê 24 mense is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, die besit van gesteelde goedere en openbare geweld.
Die verdagtes, tussen 23 en 60 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Bafokeng-landdroshof verskyn.
Eers ‘n winkel geplunder (besteel) en toe ander aangeval wat OOK steel….