Man gestraf vir moord op swanger vriendin

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

’n Noord-Kaapse man is tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die moord op die ma van sy twee jong kinders. Danelle van der Linde was swanger met haar derde kind toe sy in Mei vanjaar met ’n skerp voorwerp doodgesteek is.

Haar kêrel, Aldean Wilkinson, is nou vyf maande later in die hooggeregshof in Kimberley vir haar moord gevonnis nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noord-Kaap, sê Van der Linde se liggaam is op 15 Mei in haar huis gevind nadat die polisie na dié huis ontbied is.

Wilkinson is die dag daarna in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.

Wilkinson is kort daarna borgtog geweier omdat hy moontlik met ooggetuies kon inmeng aangesien sommige van die staatsgetuies aan hom bekend was. Hy het later skuldig gepleit op aanklagte van moord.

Die waarnemende regter het tydens die vonnisoplegging daarop gewys dat Wilkinson ’n verantwoordelikheid teenoor die ma van sy kinders gehad het om haar te beskerm en dat sy vermoor is in ’n plek waar sy veronderstel was om veilig te voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Delia ·

Dis 2 moorde. Wat het by gekry vir die baba se lewe wat hy geneem het

Casper ·

Hoe kan jy die ma van jou kinders so koelbloedig vermoor terwyl sy swanger was met hulle derde baba

Christine ·

Al hoe meer moorde uit die Noord-Kaap deesdae. Is die gangsters en drugs nou daar ook?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.