Man gevonnis wat halfsuster verkrag

Die jong man het sy sewejarige halfsuster na ’n verlate gebou geneem en haar verkrag. (Foto: pixabay)

’n 19-jarige man van Vosburg in die Noord-Kaap is Woensdag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy sewejarige halfsuster verkrag het.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die man het die meisie op 1 Februarie verlede jaar met omkoopgeld oorreed om hom na ’n plaaslike kroeg te vergesel.

“Hy het die slagoffer, wat hom vertrou het, egter na ’n verlate gebou geneem waar hy haar verkrag het.

“Ná afloop van die voorval het hy haar huis toe geneem waar die meisie vir haar suster van die verkragting vertel het. Die slagoffer se suster het die voorval daarna by die polisie aangemeld.”

Volgens Gamieldien is die beskuldigde die volgende dag in hegtenis geneem en bly tot sy vonnisoplegging in aanhouding.

Hy is verder ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam is in die nasionale register vir seksoortreders opgeteken.

Brig. Nicky Mills, provinsiale hoof van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade (FCS) in die Noord-Kaap, het die ondersoekbeampte in dié saak, sers. Floris Fritz, vir sy deeglike ondersoekwerk geloof.

“Die vonnis kom te midde van nasionale Kinderbeskermingsweek. Dit is in ons hande om ’n einde aan die siklus van mishandeling, geweld en die uitbuiting van ons kinders te maak,” sê Mills.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Erika ·

Intussen is n Jong Kind se lewe vernietig.. the Pattern repeat itself again…Until it is stopped at the source

Toy ·

Seksoortreders se name moet bekend gemaak word, sodat mense hul kinders kan beskerm teen sulke mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.