Man hang dogters, homself

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

ʼn Man het sy twee dogters en homself ná ʼn beweerde woordewisseling met sy vervreemde vrou opgehang.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die voorval het Saterdagaand buite Polokwane gebeur.

Die man (38) en sy vrou het glo verlede jaar al in ʼn stryery betrokke geraak en is uitmekaar. Die vrou en haar kinders het daarna by haar ouers naby Giyani gaan woon.

“Die kinders is Saterdag na hulle pa in Mankweng om vir die skoolvakansie by hom te gaan kuier. Met hulle aankoms daar het die man glo sy vrou gebel en hulle het ʼn telefoniese woordewisseling gehad.

“Die man het ná die foonoproep die kinders in hulle eie kamers opgehang voordat hy uit die huis gevlug het. Die polisie is ontbied en ná ʼn soektog is hy gevind waar hy homself in ʼn ander huis in die omgewing gehang het,” het Ngoepe gesê.

Die twee dogtertjies was onderskeidelik agt en vyf jaar oud.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in die provinsie, het die voorvalle van voortslepende wrede geweld teen kinders in die provinsie ten sterkste veroordeel.

Scheepers het ʼn beroep op mense gedoen om hulp te soek wanneer hulle probleme ondervind, eerder as om hulle tot moord, veral op onskuldige kinders, te wend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Christa ·

Hoekom vat mense jul Kinders se lewe as hulle nie self nie Wil lewe nie. Dis selfsuftig.dis eerder om die ander party te straf. My gebede Gaan uit na die mamma

Lizelda ·

@Christa dit is die hoogste vorm van wraak wat een ouer teen n ander kan pleeg. Ek glo dit en suur in iemand se gesig gooi. Jou lewe is verewig verwoes, glo ek.

Verwonderd ·

Ek staan verwonderd oor daar gedink word daar is plekke om hulp te kry tydens krisis situasies

Driekie ·

Gen Maj Scheepers …se my asb by wie kan ek vir hulp aanklop want ek ondervind ook ernstige probleme…..geen instansie…of persoon…of selfs familie kan help….en beslis ook nie sielkundiges nie.

Cherokee ·

Niks, absoluut niks is onoorkombaar nie, Driekie. Vind hulp asseblief.

Feit ·

Niemand gaan ooit probleme kan oplos as ten minste een van die partye nie n wilsbesluit neem om vrede na te jaag nie. Was self deur baie moeilike situasies waar verslawing en allerhande ander bose dinge betrokke was. Ekt bly sê vir myself ek sal nie na sy vlak toe daal nie, sal nie praat as dit in n fight ontaard nie ekt by my woord gehou. 5jaar later en ons kan ordentlik praat en dit gaan als net oor wat die beste vir die kinders is. Mens moet daai eie hardegat ek laat sterf anders gaan geen hulp help nie.

Meraai ·

Cherokee dit help nie jy se soek hulp nie, die persoon vra dan juis waar?!?!?!?! Hoe is dit dat niemand jou kan/wil help nie? Predikant?

Cherokee ·

Meraai, daar is geen leidraad van wat die probleem is nie. Waarskynlik is jou opsie ten minste ‘n goeie beginpunt.

Naomi Berger ·

Ag hoe verskriklik hartseer.
Dis wat gebeur as mense mekaar wil vermaak met hulle kinders.
Mag die familie rus vind na hierdie geweldige harseer aksie.

Hoop ·

@Driekie – Op ‘n manier help sielkundiges. As hulle jou nie kan help nie of dink jy is verby hoop kan jy hulle verkeerd bewys. Só help hulle – hoe meer hulle sê ‘jy kan nie’ hoe meer moet jy vir jouself sê ‘ek kan!’ Jy kan luister maar hoef nie alles aan te neem wat hulle vir jou probeer wys maak nie.

JohanL ·

Ek wil nie alle sielkundiges oor een kam skeer nie, so laat ek eerder net skryf van hulle is maar niks werd nie.

Praat nie uit ondervinding nie, maar my eie persepsie is dat ‘n persoon wat reeds agv eie ondervindig “deur hel is”, is die beste om sulke persone te help. Ongelukkig is dit nie ‘n kwessie van tel telefoonboek op of selfs Google om diegene in die hande te kry nie.

Is daar nie dalk iemand wat deur MM by Driekie kan uitkom nie? En voor ek gekruisig word oor die sg “professionele hulp” – party sielkundiges is regtig swak, sekeres is goed, maar daar is ook nie-professionele persone wat deur geloof en eie ondervinding, uiters waardevolle hulp kan gee.

Sterkte Driekie.

Sê net ·

Ek glo nie dis oor hulle, hulle self wil vermaak nie. Party mense is net spiteful of sadisties gebore en niks wat enige een doen of sê kan hulle verander nie.

Baie jammer vir die familie. Ek veroordeel nie hierdie man nie. Elke saak het drie kante. Sy kant, haar kant en die waarheid. En ongelukkig is die kinders in die middel. Hierdie is baie hartseer.

charmaine ·

Ek stem dit is net spiteful en sadisties vat aan m ma se kinders en dan vat jy aan haar en wat is erge as so iets om jou kinders aan die hand van hulle pa te verloor duiwels.
En verbeel ek my of kom daar deesdae selfmoord en moord van kinders onder swart mense voor? Dit was nooit so gewees nie? Hulle ervaar ook die stress en moedeloosheid. Grootmens wereld is tuff!

Cathy ·

Lae Luis! Arme kinders. Mag hulle veilig in God se arms rus.

Rika ·

Driekie wens ek was daar net om na jou te luister jou hart uit te praat. Ek is n goeie luisteraar… almal het maar hulle eie probleme en demone. Somtyds as ek luister dan besef ek my probleme is kleiner as ander sin dan gee dit my weer moed. Sterkte glo jy sal anderkant weer heel uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.