Sean Westcott (29) het Dinsdag vlugtig in die Vryheid-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van 500 aanklagte van bedrog.
Westcott is Saterdag in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdade ondersoek.
“Westcott word daarvan beskuldig dat hy sedert April 2017 onwettige ondernemings bedryf het om lede van die publiek by te staan met beweerde onopgeëiste voordele van die departement van arbeid en vorige werkgewers teen ʼn administrasiefooi van R1 000 per eiser,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, gesê.
“Hy het tot dusver na bewering meer as R10 miljoen van die slagoffers, hoofsaaklik van Ulundi en Nongoma, bekom. Ná ʼn reeks klagtes is ʼn saak van bedrog in 2018 by die Vryheid-polisiestasie aanhangig gemaak en daarna na die Valke verwys.”
Die Valke het Westcott se sakepersele in Junie 2018 deursoek en daar is beslag gelê op dokumentêre en elektroniese bewyse vir verdere ondersoek. “Westcott het na bewering met sy beweerde misdrywe voortgegaan ná die beslaglegging.”
Westcott staan tereg op meer as 500 aanklagte van bedrog, geldwassery en oortreding van die bankwet.
Hy moet op 26 Februarie 2019 weer in die hof verskyn vir ʼn formele aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.
Hoe lyk dit Valke daar’s ‘n sekere meneer, ene Number One, wat 783 aanklagte van bedrog teen hom het Gaan keer hom aan en sluit hom op.
Eish boetie jyt probleme.. grootes ook!! Nes Nel daar se…. no 1 nog op vrye voet….. maar jy gaan dit nie maak nie
Hulle bang namma 1
Hy volg net die hoofweg wat deur die land se leiers gebou is
Skynbaar Is misdaad die enigste manier om n bestaan te maak in die SA van ons. Probeer die reguit pad en vind uit teen hoeveel mure loop jy jou vas.
Ek vermoed dat ek en n paar ander manne ook in so web van bedrog is. Wie kan mens sien om die saak te ondersoek. Die van situasie van my kom vanaf 10/2018.