Man in hof oor hy glo e-tol probeer omseil

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Randburg is na wat verneem word die eerste persoon om in ʼn hof te verskyn vir sy beweerde weiering om e-tol te betaal, het Beeld Woensdag berig.

Volgens hofdokumente het dr. Stoyan Hristov Stoychev, ʼn Bulgaar, sy Hyundai i30 sonder een van die motor se nommerplate bestuur, en het hy die “C” op die nommerplaat na ʼn “O” verander en twee van die syfers omgeruil.

ʼn Ford Bantam-bakkie het egter dieselfde nommerplaat en die bestuurder is ʼn geregistreerde e-tol-gebruiker.

Volgens Beeld se berig is dit die eerste keer dat iemand vervolg word vir die ontduiking van e-tol sedert die omstrede stelsel op 3 Desember 2013 begin het.

Stoychev het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn op 1 907 aanklagte, waaronder 903 aanklagte van bedrog ten waarde van R15 000 vir die gebruik van vervalste nommerplate.

Die ander aanklagte hou verband met die oortreding van die Padverkeerswet en die Sanral-wet.

Stoychev het glo sy motor se nommerplate met kabelbinders vasgesit sodat hy dit vinnig kon verwyder. Hy is op 2 Oktober deur verkeersbeamptes op die N1 in Centurion ingewag en in hegtenis geneem. Hy is vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

wa isit lekke? hie isit lekker... ·

Hierdie klagtes het niks te doen met die feit dat die persoon weier om e-tol te betaal nie. Dit gaan oor bedrog en vervalsing van nommerplate.

swak en misleidende opskrif, swak!

Asjas ·

Ek lees die berig omdat die opskrif my nuuskierigheid aanwakker, net om agter te kom Maroela het die mol aan die hol beet! Baie mense weier om e-tol te betaal. Ek is egter net bly dat hulle die persone wat sonder nommer plate en / of met vervalste nommer plate rond ry vasvat!!
Dis ‘n oortreding op sy eie. Hier dog ek, ek is volgende …

wa isit lekke? hie isit lekker... ·

Selfde hier asjas. Maar ek sien hulle het nou die opskrif verander…. Ek het ook my gaai af gesrkik, gedink Ooo jitte ek is volgende

scalla ·

Stem 100% saam, ek het nie n kontrak met hul geteken nie, op grond waarvan gaan ek vervolg word deur sanral, misleidende berig.

Griet ·

Dat hy weier om e-tol te ondersteun is prysenswaardig. Die metode is die probleem. Om met vervalste nommerplate te ry is ‘n kriminele oortreding…..

Ry liewer net deur, gee die Sanral briefie aan die einde van die maand vir jou hond om mee te speel.

ladybug ·

Hyt nie betaling van sy rekening ontduik nie, hy het soos vele ander kriminele in ons land wat bedrog pleeg deur met vervalsde nommerplate te ry!

Amper gedink ek gaan ook my beurt kry om in die beskuldigde bank te staan …

Nefie ·

Nee mense, kry die opskrif van die artikel reg. Die ou is nie in die moeilikheid oor hy nie sy etol betaal nie, hy is in die moeilikheid oor bedrog. Hy het sy nommerplaat vervals deur dit te verander.

Nico Strydom ·

Dagsê
Maroela Media het die opskrif van die berig verander om verwarring uit te skakel.
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Herman ·

Dis bedrog. E-tol gekoppel aan E-Natis. Snaaks die ooreenkoms. Enatis werk nie op voertuie wat van buite SA grens op die etol pad ry nie. Hoe betaal hulle hul etol rek. Ek weet van Botswana motor in SA wat nie nie n rek van n dag oud gekry het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.