Man in hof oor ongelisensieerde vuurwapens

Petrus Johannes Breedt (Foto verskaf deur die Valke)

Petrus Johannes Breedt (57), ʼn boer van die Sundra-omgewing in Mpumalanga, het Vrydag in die Delmas-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Breedt is vrygelaat op borgtog van R3 000. “Die saak is tot 23 Oktober 2020 uitgestel vir verdere ondersoek,” het sy gesê.

Breedt is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van die beweerde oortreding van die Wet op Vuurwapens.

Sekgotodi het vroeër gesê lede van die taktiese reaksie-eenheid in Emalahleni het Donderdag op die plaas toegeslaan nadat inligting ontvang is dat Breedt in die onwettige besit van vuurwapens is.

Verskeie wapens is op die plaas gevind en Breedt kon vir twee van die gewere nie lisensies verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Daizee ·

Hy moet dalk gaan kers opsteek by lt.genl. Zola Wiseman Songo Dabula hoe om die saak te hanteer..

Zombie ·

Ek staam saam, @Heidi. Dit kan moontlik ook boedel-vuurwapens wees….

My siening ·

Dit is goed vir die generaal maar nie vir die wit boer nie dit noem mens moes onderdrukking en apartheid.

marius ·

Dit is sy pa se wapens en hy is die eksekuteur van die boedel . Buitendien behoort daar amnestie te wees . Nie so nie hoed?

Jakes ·

Hy moet beslis gou aangestel word as eksekuteur van iemand se boedel pm soos die generaal vervolging vry te spring. Wie ook al geklik het is dit nie baie cool nie.

Frederik C ·

Hy kan net aanvoer dat die 2 gewere aan sy oorlede oupa behoort het en dat hy die eksekuteur van die boedel is.

Agge nee ·

Maar Luitenant-Generaal Dabula word nie vervolg oor die vuurwapen, van sy oorlede pa, wat by hom gekry is nie. Die hof het ‘n lekker skuiwergat geskep, gebruik dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.