Man in hof oor plaasmoord-aktivis se moord

Annette Kennealy (Foto: Facebook)

Kenny Ramatswana (40) het Maandag in die Louis Trichardt-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van die moord op Annette Kennealy (51).

Konst. Mienkie Ramakgoakgoa, woordvoerder van die polisie, het gesê Ramatswana se saak is tot 9 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Kennealy is die oggend van 20 Junie 2019 op ʼn kleinhoewe buite Louis Trichardt vermoor. Sy is vermoedelik met ʼn hamer doodgeslaan. Haar liggaam is omstreeks 09:00 op die Welgevonden-kleinhoewes met ernstige kopbeserings aangetref. Kennealy se ma het haar die dag haar aanhoudend gebel en onraad begin vermoed toe haar dogter nie antwoord nie.

Die landbouorganisasie TLU SA het die moord op Kennealy ten sterkste veroordeel. Henk van de Graaf, TLU SA se streeksvoorsitter, het in daardie stadium in ʼn verklaring gesê Kennealy het haar daartoe verbind om die gruwel van plaasmoorde en -aanvalle aan die groot klok te hang en het uitstekende werk in dié verband gedoen. “As iemand soos Kennealy, wat as ’n aktivis bekend was, self die slagoffer word, kan ʼn mens nie wonder of daar meer agter die motief was as net ’n ‘gewone’ plaasmoord nie,” het hy gesê.

Dit is duidelik op Kennealy se Facebook-blad dat die dreigende kwessie van plaasmoorde haar na aan die hart gelê het en sy haarself daarvoor beywer het om bewusmaking te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

As hierdie man skuldig is, moet hy vir ewig en altyd toegesluit word…..

Johanna Botha ·

Doodstraf terug …kyk na ons een buurland waar die doodstraf nog inwerking is …byna geen moorde nie …se mos alles !

Jz ·

Dood straf terug bring ? nooit.! rede=want die moorde word still swyend goed gekeur deur die ANC ,EFF en n seker deel ln die DA ook.nou daar om sal die dood straf weg bly.

Willem ·

Ek dink die datum van die moord is verkeerd nie seker nie, maar moes dit nie Mei gewees het nie.

Sarel ·

Sou intresant gewees het Indien die moordenaar se party affiliasie bevestig kon word. Ek weet dit is teveel gevra. Ek mag darem seker wonder.

Lana ·

Datum van moord – vroeg die oggend van Maandag 20 Mei 2019.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.