Man in hof oor R19 miljoen se BTW-bedrog   

Foto ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Jacobus Johannes Opperman het Woensdag in die Leeudoringstad-landdroshof verskyn op aanklag van belastingbedrog van R19 miljoen.

Opperman en die maatskappy Gadabout, waarvan hy die verteenwoordiger was, staan tereg op 93 aanklagte van bedrog en 29 aanklagte van oortreding van die Wet op Belastingadministrasie. Opperman is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), word Opperman aangekla in verband met beweerde oortredings tussen Oktober 2019 en April 2021. Hy word daarvan beskuldig dat hy vals kunsmisbestellings by Suidwes Landbou geplaas het namens van hul bestaande kliënte. Suidwes het dan glo sy kliënte se rekeninge gedebiteer en die geld in Gadabout se rekening inbetaal, met belasting op toegevoegde waarde (BTW) ingesluit.

Nadat die geld aan Gadabout betaal is, het Opperman na bewerings die geld aan Suidwes terugbetaal maar sonder BTW en is daar versuim om BTW 201-vorms vir opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in te dien. Die BTW-geld is glo vir persoonlike gebruik aangewend.

Mamothame het gesê die NVG se ondersoek na die saak is afgehandel en die staat is gereed om met die verhoor te begin. Die saak is tot 10 September uitgestel wanneer Opperman in die gespesialiseerde handelsmidaadhof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Danie ·

NVG en korrupsie loop hand aan hand.Plaas daarvan dat hulle ernstige misdaad aanpak teer hulle op invidue.

Marthinus Johannes ·

Tjop tjop gevang, word gou verhoog sonder vertragings en dan tjoekie toe vir n lang tyd. Net jammer die ANDER volg nie dieselfde pad nie.

domheks ·

Vinnig die saak afgehandel. Maar NVG wat van die KADERS? Wat van die Zondo verslag? Hoekom word daar NIKS aan gedoen nie? Is daar nog steeds 2 stelle reels?

Johan ·

Die Regering laat nie toe dat iemand dieselfde geldmaak tegnieke as hulle gebruik nie. Onthou, n regering verwag eerlikheid van sy onderdane, nie van hulself nie.

Amelia ·

As die belasting geld aan gewend word vir dit weaar voor dit bedoel is maar kyk hoe lyk als en wat van rampie se geld onder bank wanneer hy sy sy tax betaal op dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.