Staatsaanklaer David Broughton het aan die hof gesê dat Stoyan Hristov Stoychev sedert Maart vanjaar vals nommerplate gebruik het. “In Augustus het hy die vals registrasienommer met die korrekte registrasienommers vervang.”
Volgens die berig kan Stoychev van “honderde” bedrogklagte aangekla word omdat hy met vals nommerplate op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg gery het. Elke e-tolpoort waardeur hy gery het, kan as ’n klag getel word.
Stoychev het glo ook ʼn tweede stel vals nommerplate gebruik wat geregistreer is in die naam van ’n ander motoris wat wel vir e-tol geregistreer is. Broughton het gesê dit is ’n groot administratiewe las vir Sanral.
Stoychev is op borgtog van R5 000 vrygelaat en die saak is tot Desember uitgestel vir verdere ondersoek. Die e-tolstelsel het in Desember in werking getree.