Man kritiek ná vliegongeluk

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is Maandag per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas ná sy eenmanvliegtuig teen ʼn heuwel vasgevlieg het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het naby Dargle in KwaZulu-Natal plaasgevind. Nooddiensbeamptes het omstreeks 11:30 by die toneel opgedaag en die man aangetref waar hy in die vliegtuig se wrak vasgekeer was.

Robert McKenzie, provinsiale woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het gesê paramedici en reddingspersoneel is deur plaaslike boere bygestaan en moes by die steil en klipperige heuwel afklim om by die vlieënier uit te kom.

Volgens Meiring was die man kritiek beseer.

“Meganiese toerusting moes gebruik word om die platgedrukte raam van die vliegtuig weg van die man af te sny. Die omstandighede rakende die vliegongeluk is nog nie bekend nie, maar word deur die owerhede ondersoek,” het McKenzie gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DV ·

Wees sterk en volmoed.
Ongeluk gebeur met almal.
Gou gesond word en sien jou weer gou in die lug.

Annelize ·

Sjoe, dis nou al die hoeveelste vliegongeluk die afgelope ruk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.