ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagoggend in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal deur ʼn taxi getref, én 10 meter ver van ʼn brug afgeval het.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Edendaleweg naby Henley Dam plaasgevind.
“Volgens ooggetuies is die man deur ʼn taxi getref, waarna hy oor die brug geslinger is en sowat 10 meter ver geval het,” het Botha gesê. “Paramedici moes met hul toerusting teen die steilte afklouter om die man op die bodem te behandel. Hy is daar gestabiliseer, op ʼn spesiale draagbaar geplaas en na die oppervlak van die pad gehys.”
Die man is daarna met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.