Man op Modimolle-plaas aangeval

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 56-jarige man is Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas buite Modimolle (Nylstroom) aangeval.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het aan Maroela Media gesê vier gewapende aanvallers het die man omstreeks 03:00 op die Boschhoek-plaas oorval terwyl hy geslaap het.

“Die verdagtes het toegang tot die huis verkry deur ʼn venster. Hulle het ʼn vuurwapen op hom gerig en die huis geplunder,” het Ngoepe gesê.

Die aanvallers het met huishoudelike ware en selfone in die slagoffer se wit Mazda Drifter, met die registrasienommer DLG 988 L, op vlug geslaan.

Die man is tydens die voorval met ʼn skerp voorwerp in die gesig gesny en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Die Modimolle-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

a ·

Dis darem maar snaaks dat daar altyd ‘n saak van huisroof geopen word as daar ‘n plaasaanval was en die persoon oorleef. Maar wit mense word aangekla vir moord omdat hulle mense in doodskiste sit ens.

Hanna Hoekom ·

Saak van huisroof? Komaan, hierdie kriminele sou nie n oog geknip het as daardie boer gesterf het nie! Hulle is moordenaars (sommige het net meer ondervinding) en klaar. Bly om te hoor die boer ia darem nie te erg beseer nie.

Ek Sê So ·

HUISROOF! !!!!!!!!!! POGING TOT MOORD MAGTIG MAN!!!!!!!

Penellope Jones ·

ANC, EFF dryf hierdie aanvalle en moorde met uitsprake, beloftes, haat, rassisme ens. ens.

Mrs H ·

Siestog, as dit net n huisroof was, wat soek die man in die hospitaal?!?!?! Sisulu sorg dat dit aspris onbevoegd is wanneer dit by eit mense en plaas aanvalle kom. Wonder of EFF haar ook betaal uit hul transito roof gelde?

D V ·

Weer ‘n bewys dat broewe op die mees weerbare tyd toeslaan.
Ons moet weerbaar wees maar net ‘n bewys ons kan nie net op ons eie kragte staat maak nie.
Ons moet God vra ons te help.

Al ·

Baie ouerige plaashuise het groot vensters waar maklik toegang verkry kan word.
Hul kan nog steeds by n toiletvenster inkom, maar tog moet meer aandag aan vensters en veiligheidshekke gegee word

MANNE ·

Volgens wet is Poging to moord wanneer jy tydens n aanval so ernstig beseer word waar jy wonde opdoen wat lewens gevaarlik is. Motor diefstal is wel 2de klagte en mens rerig tegnies wil wees in ons wetboeke is daar nie klagte soos plaas aanval of huis roof nie. Dit is slegs klagtes wat Polisie gebruik vir statieke doeleindes. Die klagte op hofrol sal Roof verswarend wees en met skuldig bevinding kan persoon tussen 10 tot 20 jaar gestraf word afhangende van al die feite van betrokke saak. Roof is waar geweld gebruik was om n spesifieke misdaad te kan pleeg en die punt waar persoon gesny is met skerp voorwerp bevestig die hof se vermoede dat geweld gebruik was in pleging van genoemde misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.