Man op parool terug tronk toe ná 4 moorde

Argieffoto

ʼn 37-jarige man is tot vier keer lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 105 jaar gevonnis nadat hy vier vroue vermoor het terwyl hy op parool was.

Headman Mdyosi is Vrydag in die Queenstown-streekshof in die Oos-Kaap deur regter Mbulelo Jolwana gevonnis op vier aanklagte van moord, een aanklag van poging tot moord en ses aanklagte van verkragting.

Die vier vroue, tussen 20 en 24 jaar oud, is tussen April en Desember 2012 in Lady Frere verkrag en vermoor.

Ondersoeke na die voorvalle het doodgeloop. Mdyosi het egter voortgegaan met sy gruweldade en op 15 Mei 2015 ʼn 21-jarige vrou aangeval en verkrag.

Mdyosi is op 5 Junie 2015 in hegtenis geneem nadat hy ʼn sesde vrou verkrag het. Sy DNS het hom positief met al die vorige voorvalle verbind.

Mdyosi het die gruweldade gepleeg terwyl hy op parool was. Hy is in 2002 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan diefstal, huisbraak en moord skuldig bevind is. Hy is in 2010 op parool vrygelaat.

“Hy moenie toegelaat word om tussen mense in ʼn gemeenskap te wees nie en het geen tekens van berou tydens die verhoor gewys nie,” het regter Jolwana tydens vonnisoplegging gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

George in Bloem ·

Ek wonder wat het die sotte wat die ding vrygelaat het op parool nou vir hulleself te se? Die mense wat hierdie besluite eensydig neem en gemors soos die op die gemeenskap vrylaat is aandadig aan die moorde en behoort eintlik vervolg te word. Hierdie tipe ding kom deesdae heeltemal te gereeld voor.Dis nie aanvaarbaar nie.

Bossie ·

As hy al die eerste keer kon hang, was baie mense se lewens gespaar.

Kobus ·

Stem 100% saam. Die mense wat hulle op borg vrygelaat het, is aandadig aan die moorde en moet verantwoordelik gehou word vir die dood van die mense wat vermoor is nadat hulle die gemors vrygelaat het.

Uilspieel ·

Hy moes nooit parool gekry het nie. Die mense wat die besluit neem om sulke skurke op parool te laat gaan sal weer besin as hul dogters ń slagoffer raak van so ń misdaad. Daardie tipe mens kan nooit weer vrygelaat word ni

Gemors ·

Perfekte voorbeeld van ons land se regstelsel wat in guns van kriminele werk.
Ongelooflik om te dink dat n land in so kort tyd so ver agter uit gegaan het.
Duidelik was daar goeie redes vir die manier wat dinge in die verlede gedoen was.

Elna ·

Moordenaars rehabiliteer nooit nie. Ek weet nie hoe kan hulle toegelaat om op parool vrygelaat te word nie. Danksy ons wonderlike regsstelsel in SA.
Hulle kom uit en doen dit net maar weer. Dalk moet die regering of n instansie die terug bring van die galg oorweeg vir sulke gevalle. Dis al wanneer hulle sal stop en dis as die galg van toepassing en in werking gebring word.

Kobus ·

Nou as ek reg verstaan het jy maar agt jars can 18 jaar vonnis uitgedien. Jammer mens kan nie skadevergoeding eis vir die vrylating op Parool nie. Dan sou dit nie so maklik gedoen gewees het NIE.Die huidige vonnis gaan sekerlik weer ” aaneenlopend” uitgedien word. Die Anti Doodstraf ouens moet kyk of hulle eie ou kan rehabiliteer.
.

Deloris ·

Wat soek hy buite die tronk????????????????????????????????????

Waarheid ·

Die sotte wat hom vrygelaat het moet aangekla word van moord.
Kan dit gebeur?
Wat se die ‘regsgeleerdes’?

Hannelie ·

Berigte soos die wys kriminele soos die kan NIE verander nie.

Sipier ·

Agt jaar gesit vir n vonnis van agtien jaar. Hoe lank sit iemand vir moord? Dalk vyf jaar vir n vonnis van vyftien jaar? Die publiek word belieg met die sogenaamde vonnisse wat opgele word! Klug!

Pieter ·

Die sogenaamde regstelsel in SA is ‘n verleentheid, nes die regering.

SjN ·

Shaik en die howe het mediese wetenskap verkeerd bewys tov terminale siekte, die bewys dat hy nog lewe na 12 maande is die Tokoloshe se skuld.

thinus erasmus ·

Vir dekades is SA gewaarsku dat misdaad die samalewing gaan verswelg. Ons is nou daar, nou is daar geen manier om reg te ruk nie. Dit gaan nie net sommer met meer SAP of weermag regkom nie. Dit gaan 40 jaar in die woestyn (van misdaad en gruwels) of heelwat meer, en generasies sal moet verbygaan voor ons by die omkeerpunt kom.

Tammy ·

Ek het jare gelede al gese, toe die doodstraf weggevat is, dat die persoon wat borg toestaan of parool toestaan aan n misdadiger, en die misdadiger pleeg weer enige misdaad van watter aard ook, moet daardie persoon wat parool toegestaan, of borg gegee het , een honderd present aangekla word vir die misdaad wat daarna gepleeg word. Dis skokkend om te sien hoe maklik mense borg kry en die wat parool kry EN DAN DIE WAT NIE KRY NIE????? Gelukkig kan ek geen meriete sien hoekom iemand moet borg kry of op parool vrygelaat word nie. Hy is n misdadiger en klaar.

Christa ·

Dit gebeur as mense nie hulle college straf uitdien nie. Hulle sit n maand of twee en Kom uit vir die volgende rondte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.