Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 41-jarige man is Maandag deur vier mans in Kameelrivier aangeval terwyl hy en ‘n vriend van ‘n kroeg af huis toe gestap het.
“Hulle het hom gegryp en gesê hulle soek sy geslagsdeel. Die man het begin skree terwyl hulle hom gesny het en die verdagtes het weggehardloop. Die man het erg gebloei.”
Mohlala sê die man se geslagsdeel is gedeeltelik afgesny. Hy sê die man is na die Kameelrivier-kliniek geneem voor hy na die Philadelphia-hospitaal in Dennilton oorgeplaas is. Hy is in ‘n stabiele toestand.
Mohlala sê die man kon daarin slaag om een van sy vermeende aanvallers te identifiseer en die polisie het ‘n 36-jarige man in hegtenis geneem.
Hy sê ‘n tweede verdagte is deur die gemeenskap aangekeer. Hulle het hom erg aangerand en sy geslagsdeel afgesny. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Mohlala sê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.
Hulle wil dit seker vir muti gebruik.
heel moontlik. wens hulle wil dit met verkragters doen
daar moet n rede wees, ek dink die ding het hom of iemand gepla!!!
Bobit…
Ek ken dit dis vir.Muti Hulle sal dit weer doen . “Neem een elke vier uur na ete , voltooi die kursus”
Hahahahahahah. PR mc Kay jy het my dag gemaak.