Man skiet kind ten aanskoue van ouers

Argieffoto: Die hooggeregshof in Kaapstad 

Die hooggeregshof in Kaapstad het James Jacobs tot 25 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis vir die moord op ’n vierjarige seun. Hy het ook probeer om vyf ander persone dood te skiet.

Jacobs het erken dat hy die vierjarige Joshua Luthando Barbers op 4 Maart 2019 ten aanskoue van sy ouers doodgeskiet het. Hy het daardie dag ook vir Jeremy Arendse, Gift Blom, Hilda Estelle Barbers, Johnny Williams en die 11 maande oue Tyrese Barbers probeer doodskiet.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê Jacobs het in die hof gesê dat hy en sy vriend, Draai, daardie dag op pad was na Pook se Bos in Athlone om klere te gaan haal. Die gemeenskap wou hom (Jacobs) nie meer daar hê nie.

Jacobs het in ’n pleitooreenkoms gesê dat hy ’n vuurwapen uitgepluk en lukraak begin skiet het. Hy het erken dat hy weens sy “roekelose geskietery” onregmatig en opsetlik gepoog het om Jeremy Arendse, Gift Blom, Hilda Estelle Barbers, Johnny Williams en Tyrese Barbers te vermoor. Hy het erken dat hy Barbers onregmatig en opsetlik vermoor het.

James is tronkstraf van 25 jaar vir moord opgelê, 50 jaar poging tot moord, 15 jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en agt jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

Die hof het beveel dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Die staatsaanklaer, adv. Bonginkosi Maki, het aan die hof verduidelik dat moorde op kinders in die Wes-Kaap in ʼn baie ernstige lig beskou word.

“Die beskuldigde het ’n veilige plek vir die oorledene, wat sy huis was, in ’n lewensgevaarlike plek omskep toe hy skote op hul huis afgevuur het. Hy het die ouers van die oorledene emosioneel getraumatiseer, aangesien die seuntjie voor hulle geskiet is,” het Maki gesê.

“Die hof moet voortdurend poog om op die voorpunt te wees om die belange van die kwesbare lede van die samelewing, veral die kinders, te beskerm aangesien hierdie agbare hof die hoogste voog van kinders soos die oorledene is.

“Die beskuldigde het die oorledene se reg om te lewe geskend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Twallie ·

Die vonnis vir moord in hierdie land is lagwekkend.

In ander lande soos die VSA sou hy lewenslank sonder parool of die Doodstraf gekry het.

Maar ja, SA beskerm kriminele.

JM ·

“As ek nie my sin kry nie, maak ek dood.” Dít het die slagspreuk in hierdie land geword. Elke jan rap en sy maat beskik mos deesdae oor ‘n vuurwapen. Té veel mense in die land is moreel bankrot.

Misky ·

25 jaar vir moord en 50 jaar vir poging tot moord??? Huh…..

ES ·

Dit is altesaam 50 jaar vir elke persoon wat hy gepoog het om te vermoor.

tierwyfie ·

Ons regstelsel is ‘n grap. Waarom word die vonnisse gelyklopend uitgedien, dit is van geen nut nie. Die moordenaar moet die volle termyn in die tronk bly sonder kans op parool.

Blikkantien ·

Tronkstraf tesame met harde arbeid. Bandiete kan baie help met instandhouding van infrastruktuur.

Swerwer ·

Dit is mos maar die kommunistiese Nasionale sport wat deur die wesens beoefen word.

Delia ·

Hoekom gelyklopende vonnisse. Kan iemand met regskennis dit dalk vir my verduidelik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.