Man skok dood by substasie

Argieffoto bloot ter illustrasie. 

’n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ’n 33-jarige man Sondag by Eskom se Babelegi-hoofsubstasie noord van Pretoria doodgeskok het.

Die man het vermoedelik onwettig toegang tot die substasie verkry.

Voorlopige inligting dui daarop dat ’n tegnikus van Eskom na die substasie ontbied is toe dit geen krag gelewer het nie. Dit is waar die tegnikus op die lewelose man afgekom waar hy oor ’n 11kV-skakeltuig by die substasie gehang het.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Eskom sê dit blyk dat die man toegang tot die substasie verkry het deur die slot van hek oop te breek, wat juis bedoel was om ongemagtigde toegang tot die substasie te voorkom.

“Ons is bekommerd oor die toename in diefstal en vandalisme van ons infrastruktuur aangesien hierdie onwettige aktiwiteite te veel beserings en sterftes tot gevolg het,” sê Kith Maitisa, ʼn bestuurder by Eskom in Gauteng.

Maitisa sê voorts die kragvoorsiener het reeds probeer om bewusmaking te skep rakende die gevare van onwettige bedrywighede op sy netwerk juis in ’n poging om dié praktyke hok te slaan.

“Die kragvoorsiener sal voortgaan om saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander wetstoepassingsagentskappe te werk om te verseker dat onwettige aktiwiteite beperk en vermy word.”

Eskom maan lede van die publiek om nie met die elektrisiteitsnetwerk te peuter nie en enige onwettige aktiwiteite aan te meld by 0800 11 27 22.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Chantel ·

Sal seker nooit leer nie, mens mors nie met lewendige krag nie. Geen simpatie

Willem ·

Hoe het oorle’ Jimmy Kruger dit nou weer uitgedruk? “Dit laat my koud”

Suzette ·

Laas maand ook een in Rustenburg doodgeskok, so ja Willem dit laat my ook koud.

Hennie ·

As hy onwettig daar was, hoekom geld mors op ‘n ondersoek? Vier fees en beweeg aan, nog ‘n probleem minder vir SA!

Sandra ·

En nou moet Eskom opdok, want iemand is dood. Hulle was mos nou nalatig.

petro ·

laat hy maar lekker braai kry sommer sy hel hier op die aarde ou niek het hom kom haal

Pieter ·

Die probleme word maklik opgelos (as jy krag het… ). Hoekom is draad rondom die plek nie ook elektries of iets nie? As die slot geraak word moet daar al gevoel word… So sal julle baie slotte en geld spaar.

Claudette ·

Dit was aaklig het die foto’s gesien, klere in sy vel in gesmelt en rook wat by sy voete uittrek…maar agter die koper aan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.