Man sterf ná honde hom glo verskeur

(Foto: SA Police Service/Twitter)

Die liggaam van ʼn 48-jarige man is in ʼn straat in Port Elizabeth ontdek nadat honde hom glo daar verskeur het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is vanoggend omstreeks 07:00 na Armstrongstraat in Malabar ontbied nadat ʼn verbyganger die liggaam van Melvin Stuurman opgemerk het.

Janse van Rensburg het gesê Stuurman het verskeie bytplekke aan sy gesig gehad.

“In hierdie stadium is die omstandighede rakende die aanval en sy gevolglike dood nog onduidelik.”

Terwyl die polisie die toneel gefynkam het, het hulle ook inligting opgevolg oor ʼn vrou wat nie ver van die toneel af nie besig was om honde te was en is daarheen.

“Die hulp van die Port Elizabethse Bond teen Wreedheid teenoor Diere is ingeroep en die drie Amerikaanse veghonde op die perseel is verwyder hangende die ondersoek,” het Janse van Rensburg gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek moet nog die presiese oorsaak van Stuurman se dood bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

wilma ·

mense wie nie ordentlike heinings het ni kani honde aanhou. Te veel tweepotiges hou pitbull vir verkeerde redes aan. Vieslike tweepotiges. Dierbare honde. Ek het al paar pitbulls gehad. soooo liefdevol en beskermend. My liefling honderas. Was soos ons kinders.

Siener ·

Pitbulls is gevaarlike honde. Dis gewoonlik mense soos jy wat probleem diere grootmaak soos kinders.

Boer ·

Nonsens man. Ek het een. Vertrou enige kind om met hom te speel. My Jack Russel sal eerder byt. Onkunde oor Pitt Bulls lei tot eenvoudige aanmerkings soos joune!

Liefde ·

Alles behalwe gevaarlik. Propvol liefde en baie gentle. Dis eienaars wat hulle gevaarlik maak

Gaitsigubib ·

Het jou Jack Russel al iemand dood gebyt? Dis nogal n gevaarlike hond klink dit vir my!

Leon Pit ·

In die samelewing waarin ons bly waar moord roof en verkragting hooggety vier.
Ek het drie moormasjiene in my erf 2 buite en 1 langs my bed. Ek slaap soos n koning nie n nag se probleme nie.
Die Pitty kan ook nie gedagvaar word om te gaan getuig in die hof nie.

Saartjie ·

Ek stem saam met Leon. Ek weet nie hoe slaap mense in die nag sonder ‘n pitbull langs jou bed nie!

Gaitsigubib ·

As julle dan so lekker slaap hou dan tog net op met die twak storie van hoe “gentle” hierdie honde Is- hulle is gereel om te byt!

Maljan ·

Liefdevolste honde tussen hulle eie mense, in sy eie werf en huis maar baie onvoorspelbaar weg van daar.

Michael P ·

Amanda hulle is nie net gevaarlik nie hulle bly n baie nice hond . Hy is net baie gevaarlik wanneer jy hom gevaarlik wil he. Vra maar vir die wat die hond het en lees Leon Pit se kommentaar oor en oor en oor Jy het in vandag se tyd sulke honde nodig

Nettie ·

Ja, ja, ja …. en nou gaan hier weer seker ‘n hele tirade volg van mense wat skreeu oor die ras van die honde (pitbulls) en die wreedaardige moordenaars op 4 bene wat sulke honde is. Blah-blah-blah-blah …. Ons ken mos al die storie – DIT IS NOOOOOOOIT DIE MENS WAT OORTREE HET NIE, maar die HONDE WAT DIE ONSKULDIGE MENS sommer net uit die bloute aangeval het, vir NUGTER WEET WATTER REDE.

Ek is self nie ‘n “fan” van pittbull terriërs nie, maar ek bly vas staan by my mening: ENIGE HOND is wat jy, die eienaar van daardie hond, dit maak. As jy nie jou hond opvoed met die nodige hoeveelheid dissipline en beheer (en dit sluit dit in om jou hond AGTER hek, tralies, heining, draadversperring te HOU) nie, dan soek jy vir moeilikheid. En jou liewe, dierbare ou wollerige Maltesertjie of Pekingese KAN NET SOVEEL pyn en lyding veroorsaak as enige ander hond – die verskil lê slegs in die grootte, hoeveelheid en graad van bytwonde.

Ilke Nieuwenhuizen ·

Ek stem 100% saam met jou, ek is baie versigtig vir enige hond, al is ek MAL oor enige hond….

LC ·

As hierdie Pitbull ras jou hap se maar goodbye, maar Onthou as dit jou hond is wat n persoon dood gebyt het gaan jy maar in die hof pleit.

Ilke Nieuwenhuizen ·

Ek voel so jammer vir die honde, hulle word vir verkeerde redes aangehou, word geterg, kry geen kos en liefde nie, en word mishandel, dan byt hulle iemand dood, dan word hulle van kant gemaak. Arresteer die eienaars wat die honde aanhou…Enige hond is gevaarlik, wanneer hulle in sulke omstandighede groot gemaak word…

Rina Prinsloo ·

Ek het ook 2 pitbulls en ja enige hond het die instink om aan te val. Geen maar geen hond al sonder rede net ‘n mens aanval nie. Jy kry mense wat honde terg en dit maak honde ook aggressief. Ek praat nie wat gebeur het goed nie. As mense oorweeg om pitbulls of ander groot honde aan te hou maak seker jou omheining of mure is hoog genoeg dat die honde nie spring nie.

Gaitsigubib ·

My meen hy val jou aan omdat hy jou wil byt, dan het hy mos n rede?

se net ·

Ek het n hond wat ook as n verskriklike ras gemerk is. Sy is nou 1jaar oud, slaap in my bed saam my en is so liefdevol dat sy n skelm/dief seker uit die erf uit sal lek van liefde. As my kleinkind kom kuier is die twee oor en op alles . Hul is behoorlik een. Alles hang af van hoe jy jou hond grootmaak. Kry dit baie liefde, gee hul baie liefde.

Susan ·

Ek moet se, ek het net soos jy ook ‘n hond wat as ‘n verskriklike ras gemerk word. Hy slaap ook by my op die bed. Is ongelooflik lief vir kinders, maar wanneer daar iemand in die erf kom wat hy nie vertrou nie, sal hy doen waarvoor ek hom gekry het, sy familie beskerm. Dis alles oor hoe jy jou hond groot maak!

Diertjie ·

Ja nee kyk ons pittie is net so gentle giant. Hy is so liefdevol. Die kanse dat ons 2 Yorkies iemand gaan doodbyt is baie groter. Alweer die onkundiges wat skree…pitbuls ai

Derf ·

O hel, die pitbull begrade is ” getrigger”. Snaaks hoe baie mense verskeur word deur Labradors. Word seker net stil gehou en verdoesel as fop nuus.

Hanlie ·

Ek het ‘n klein Jack Russeltjie, en glo my hy sal byt as jy my erf betree en hy jou nie ken nie. Enige hond het vegters instink in hom. Ek sal maklik ‘n Pitt Bull aanhou as ek kon, maar my erf laat dit net nie toe nie. Dis hoekom groot honde ook byt, hulle raak gefrusteerd as hulle in ‘n te klein spasie moet bly en nie genoeg oefening kry nie. Hoop nie hulle maak die honde van kant nie. Dis wreed en dis nie hulle skuld nie.

Blondi ·

Kan my kop opi blok sit. Hyt ongenooi hul erf betree en gevolgluk hom in hul vasgeloop. In sy haas uit di hek oop gelos en hul hom agterna gesit. Enige hond sou dieselfde doen.

Michael P ·

Ja Jannie as jy in sulke moeilikheid beland en jy het honde soos daai wat jou lewe kan red sing jy gou n ander tune.

AB ·

Jannie moet ons asb laat weet wanneer sy yorkie die inbrekers dood geblaf het!

GL ·

En Niemand se iets oor die arme ou wat dood gebyt is, ek dink nie sy familie gee om wat se ras die hond is nie.

Attie. ·

n Hond aard na sy baas. Rotweilers en bullterriers en ek glo Pittbulls ook kan saggeaard wees of wreedaardig kwaai. Ekself verkies ‘n paar Jack russels want saam maak hulle ‘n gedugte span. Ses JR s sal ‘n skelm ‘n harde tyd gee maar darem nie doodbyt nie.

Mariska van Staden ·

Het iemand dalk gedink dat die man dalk die eienaar bedreig het en dis hoekom hy aangeval is? ‘n Hond se instink is om sy eienaar te beskerm.

Pitbulls kry so ‘n slegte naam want elke keer wanneer ‘n pitbull iemand byt word dit gepubliseer. Maar jy sien nooit in die nuus “labrador byt man” of “dalmation byt man” nie. Dit gebeur ook.

Pitbulls is die mees liefdevolste honde. Ek het self 2 en hulle sal jou oplek as jy by my kom kuier. Maar as jy my gaan bedreig gaan hulle nie twee keer dink om my te beskerm nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.