ʼn Man is Saterdag dood nadat hy van ʼn 100 meter hoë krans naby Nelspruit geval het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:45 by die Drie Rondawels plaasgevind.
“Die polisie stel ondersoek in oor wat presies gebeur het,” het Botha gesê.
Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. “ʼn Lugsoektog is gedoen en die man se liggaam is by die voet van die berg aangetref. Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie, en hy is op die toneel dood verklaar.”
Die man se identiteit en ouderdom was nie dadelik beskikbaar nie.
Drie rondawels is naby graskop, Pelgrimsrust en miskien Sabie, redelik ver van Nelspruit af.
Die man se ouderdom was nie dadelik beskikbaar nie, maar wat van sy naam & van?
Lees WEER. N mens se naam is journey Identiteit. In die geval was dit nie beskikbaar nie.
Ai tog Frédériks. ……….lees ASB ordentlik voor jy komenraar lewer. Wat is Identiteit? ????