ʼn Motoris het gesterf nadat hy Donderdag beheer oor sy voertuig verloor het toe hy na bewering probeer het om van verkeersbeamptes te vlug.
Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het gesê die voorval het omstreeks 12:00 tussen Mbombela (Nelspruit) en Machadodorp gebeur.
Volgens Mabuza het verkeersbeamptes probeer om ʼn BMW-bestuurder voor te keer omdat hy die spoedperk oorskry het. “In plaas daarvan dat hy stilgehou het, het hy weggejaag op die Schoemanskloofpad, met die verkeersbeamptes agter hom aan. Die bestuurder het teen ʼn vragmotor gebots wat voor hom gery het en gevolglik beheer oor die voertuig verloor,” het Mabuza gesê.
“Die voertuig het aan die kant van die pad opgeëindig. Die bestuurder is op die toneel dood verklaar.”
Is dit wat jy bestuurders van hierdie tipe voertuig toewens?
Jip, stem saam, sluit in VW en Audi
Neem die man nie kwalik omdat hy probeer vlug het nie, mens kan nie meer die verkeersowerhede vertrou nie.
Hy moes in die eerste plek nie so gejaag het nie. Julle moet nie begin simpatie kry met misdadigers nie, dan raak julle nou net soos die ANC kaders wat als so vernietig.
Stem heelhartig saam June…
n Jaagtog met n sad einde maar realiteit dit was seker n onteinde BMW die wat hy weggejaag het, sodoende is sy lewe herverdeel en sy aanvraag kliente kry niks.
Hy moes maar eerder gestop het. Nou het hy met sy lewe betaal. Shame dit bly hartseer maak nie saak hoe dit gebeur het nie. Rus in Vrede en sterkte aan die familie.
Hy’t nie “bribe” geld gehad nie. Stem nie saam met Wagter nie.
“opgeëindig”??? Lyk vir my meer of hy afgeëindig het! Ai tog!!!
LEKKER MAN LEKKER!
was seker n mooi bmw op sy tyd