ʼn Man is dood en vier ander beseer nadat ʼn ligte voertuig en ʼn vragmotor Dinsdagmiddag op die R71-Magoebaskloofpad buite Tzaneen in Limpopo gebots het.
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die vragmotor het op die Magoebaskloofpad stilgehou terwyl die voertuig aan die onderkant van ʼn wal tot stilstand gekom het.
Volgens Meiring was die liggaam van ʼn man in die voertuig vasgekeer. “Die man was reeds dood weens veelvuldige beserings en is dus op die toneel dood verklaar,” sê hy.
Drie ander beseerdes, vermoedelik insittendes van die vragmotor, het geringe beserings opgedoen. Die beseerdes is behandel en toe na ʼn hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.
Meer inligting oor die botsing is nie bekend nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.