Nóg ʼn Suid-Afrikaner kan eersdaags vir Engeland speel nadat hy onder meer die afgelope naweek ʼn sleutelrol in sy klub, Saracens, se oorwinning oor Wasps in die Engelse Premierliga gespeel het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Januarie 2018
Oud-Kaapstad-burgemeester sterf
Gerald Morkel, voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad, is Dinsdag in die ouderdom van 76 oorlede.
Man sterf toe motor ná botsing van wal af ry
Die voertuig het aan die onderkant van ʼn wal tot stilstand gekom.
DA pak skuld vir Ladysmith-onrus op KZN-LUR
Die DA het Dinsdag gereageer deur te sê Mxolisi Kaunda, die KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, se besluit was onverantwoordelik en het die lewe van Ladysmith-inwoners in gevaar gestel.
Treinongelukke: Kommer oor veiligheid van spoorweë
Minstens 213 mense is Dinsdagoggend beseer toe ʼn passasierstrein teen die agterkant van ʼn ander stilstaande trein gebots het by die Geldenhuys-treinstasie in Germiston aan die Oos-Rand.
Polisie vind gekaapte voertuig oomblikke ná kaping
Die kapers het die bestuurder, sy meisie en sy jonger broer voorgekeer en daarop aangedring dat hy die sleutels aan hulle oorhandig waarna die kapers met die drie slagoffers in die motor weggejaag het.
Man (49) vas ná hy beweer dat hy ontvoer was
Die man se inhegtenisneming volg nadat hy aangevoer het dat drie gewapende mans hom ontvoer en na bewering in die rigting van Hectorspruit met hom gery het.
Iran ontken SA is werwingsgrond vir militante
Die Iranse ambassade in Pretoria ontken ten sterkste dat Tehran, die hoofstad van Iran, Suid-Afrika gebruik as plek om agente te werf vir aanvalle op Israel.
Die wêreld in foto’s – 9 Januarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Nóg bewyse dat ontvoerde SA fotojoernalis leef
“Shiraaz se familie het egter Maandagaand bevestig dat al tien vrae reg beantwoord is – antwoorde wat net hy sou ken. Die familie was in ekstase. Hulle het uitgebars in trane van geluk en hoop.”
Departement en skool in hof oor Engelse leerders
“Wat ons sê, is dat daar plek is by daardie skool, ons het bewyse daar is plek. En daarom moet die leerders daar toegelaat word.”
Madagaskar-sikloon eis 29
Minstens 29 mense is dood, talle beseer en meer as 13 000 dakloos gelaat weens die tropiese sikloon Ava wat die naweek Madagaskar getref het.
Vullisverwydering hervat in Durban
Honderde EPWP-werkers van die munisipaliteit het Vrydag begin staak en geëis om op ʼn voltydse grondslag deur die stad aangestel te word en ʼn salarisverhoging van R2 500 te ontvang.
Matriekeksamen: 86%-slaagsyfer vir Afrikaanse skole
“Afrikaanse skole, waar kinders in hul moedertaal onderrig ontvang, het aansienlik beter presteer.”
Rowers dreig om kind (5) in oond te druk
“Hulle het gedreig om die vyfjarige meisie in die oond te druk as daar nie aan hulle eise voldoen word nie.”
Sal magspolitieke mat onder Zuma uitgepluk word?
Die sambok agter die deur is die dreigement om een van die twee grondwetlike artikels in te span om hom in skande uit sy amp te sit. Die sambok sal egter gepaardgaan met ’n wortel, skryf Leopold Scholtz.
UJ staan laat aansoekers by
Studente en ouers wat van vroeg Dinsdagoggend buite die universiteit toustaan, het gesê hulle doen laat aansoek omdat hulle nie seker was “hoe goed hulle matriek geslaag het nie”.
Pa, dogter met Kersliggies vasgebind tydens aanval
ʼn 43-jarige man en sy 10-jarige dogter is Dinsdagoggend in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe noord van Pretoria aangeval.
Vrou se droom word waar toe boekwinkel haar deurnag toesluit
Die 60-jarige Carina Greyling se grootste droom het waar geword toe ʼn Johannesburgse boekwinkel haar deurnag in hul winkel toegesluit het.
Boshof-brand: Nóg skade bevestig
Na raming het ongeveer 260 000 ha grond in die Vrystaat in 2017 gebrand.