Man sterf toe seekoei hom in Krugerwildtuin aanval

Kobus de Wet (Foto: Lloyd Horgan Photos via Africa Wild)

SANParke het Saterdag bevestig een van sy senior bestuurders in die omgewingsmisdaadeenheid, gebaseer by Groenkloof in Pretoria, is tydens ʼn seekoei-aanval in die Krugerwildtuin oorlede.

Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê Kobus de Wet het in die Krugerwildtuin gekamp toe die seekoei hom bestorm het.

“Daar is nog nie baie inligting beskikbaar nie. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.”

SANParke het sy innige meegevoel met De Wet se familie, vriende en die SANParke-familie betuig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.