Die liggaam van ʼn man is langs ʼn pad buite Kirkwood in die Oos-Kaap gevind.
Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê ʼn motoris het Vrydagaand die 42-jarige man se liggaam langs die R336, sowat 10km buite Kirkwood, gevind. Swart sê die man is vermoedelik deur ʼn motor getref waarna die bestuurder weggejaag het. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.