Man sterf tydens olifant-aanval

Argieffoto (Foto: Unsplash)

ʼn Man in sy 50’s het noodlottige beserings opgedoen tydens ʼn olifant-aanval Donderdagoggend in Gravelotte in Limpopo.

“Omstanders was besig om KPR op die man toe te pas toe paramedici omstreeks 11:30 by die toneel opgedaag het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het behandeling oorgeneem en die man geassesseer, maar hy het ongelukkig geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die man was ʼn gids by die natuurreservaat en het toeriste op ʼn wildrit gevat om na die olifante te kyk toe hy deur een van die olifante aangeval is.

“Die toeriste kon hom in die 4×4 terugkry en het met hom na die hek van die reservaat gery waar omstanders dadelik met KPR begin het en gepoog het om die bloeding te stop.”

Verdere omstandighede is nog nie duidelik nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Toy ·

Het die olifant hom met ‘n tand of slurp uit die voertuig gegooi.

Mariana ·

Die oilfant onthou hom dalk van vorige keer en hy het seker iets gedoen om die olifant kwaad te maak of dalk was daar ‘n kalfie naby, of hy te naby aan due dier. Olifant sal seker nie net aanval nie

Niklaas ·

Ek het al gesien hoe dapper of dom , gidse in wildtuine, optree. Dalks om hul toeriste gaste te beïndruk. Dit wil voorkom asof hierdie gids uit die voertuig geklim het, nogal so naby dat die olifant hom kon bykom. Mens hoor nooit van gevalle waar die olifant iemand aftrek van die wildbesigtiging voertuig, wat in elk geval kan weg gery word uit gevaar situasie.

Anoniem ·

Die olifant het verseker ń hoë mate van depressie beleef. Selfs die diere in Suid Afika kan nie die vloek wat op Suid Afrikaners berus, vryspring nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.