ʼn Man is dood en ʼn vrou kritiek beseer nadat hul voertuig op die R512-pad naby Lanseria in Johannesburg gerol het.
Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voertuig het langs die pad op sy dak gelê. Die man was reeds dood en sy liggaam moes uit die wrak gesny word.
“Paramedici moes versigtig te werk gaan om die vrou uit die voertuig uit te kry voor hulle gevorderde behandeling kon toepas. Sy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.