ʼn 31-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo 190 km/h met ʼn Audi A3 op die R21 tussen Pretoria en Johannesburg gejaag het.
Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag gesê die man is deur die Gauteng-verkeerspolisie se hoëspoedeenheid gevang waar hy die spoedgrens van 120 km/h naby die Olifantsfontein-afrit oorskry het.
“Die man het beweer hy het gejaag omdat hy laat was vir ʼn vergadering. Hy is formeel aangekla van roekelose en nalatige bestuur en is op borgtog van R1 500 vrygelaat. Hy moet binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn,” het Morwane gesê.
Sizakele Nkosi-Malobane, LUR van gemeenskapsveiligheid, het haar kommer uitgespreek oor die aantal voorvalle van roekelose en nalatige bestuur in die provinsie.
“Statistieke bewys dat die meeste noodlottige ongelukke veroorsaak word deur motoriste wat die spoedperk oormatig oorskry. Ons wetstoepassingsowerhede sal voortgaan om beslissend op te tree teen diegene wat nie die padreëls gehoorsaam nie,” het Nkosi-Malobane gewaarsku.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Hulle moes hom toegesluit het. Sy versioning is nonsens
Altyd dieselfde flou verskoning – was laat vir afspraak. Mens sorg mos dat jy vroeer ry.
Sluit hom toe en le beslag op die voertuig, verkoop dit tot krediet van die padongelukke fonds
Nkosi-Malobane se “statistieke” is suiwer duimsuig. Die spoedstorie is net ‘n gerieflike verskoning. Ek’s eerder in ‘n goeie motor met ‘n puik bestuurder teen 200km/h as binne in ‘n taci met ‘n dronk drywer teen 80km/h. Dink aan die Autobahn in Duitsland.?
Die meeste van die tyd voel mens nie eers jy ry vinnig as mens in so ‘n ‘spoedwa’ ry nie. 120km/uur voel soos 60km/uur. Ek noem dit maar net vir diegene wat altyd voel dat almal probeer om windgat te wees as hul vinnig ry. Daar sou minder ongelukke gewees het as die kruiende motors (wat 30km/uur in ‘n 120-zone ry) in die linkerkantste baan gery het en mekaar daar gefrustreer het in plaas van om in die ‘vinnige’ bane in te swaai as die motor agter jou 120km/uur ry.’ Keep left, pass right’ is ‘n konsep wat meeste nie… Lees meer »