Lt.kol. Mtati Tana, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte, wat glo geestesversteurd en ook haweloos is, word by die Oos-Londen-polisiestasie aangehou. Tana het gesê die verdagte is omstreeks 09:00 Dinsdag in hegtenis geneem.
Die polisie ondersoek intussen ook die moontlikheid dat die verdagte verbind kan word met die afgelope tyd se vlaag moorde op haweloses in Oos-Londen. Bronne in die polisie het gesê hulle glo die verdagte kan minstens aan een van die moorde verbind word.
Die Daily Dispatch berig dat minstens agt hawelose mense sedert die begin van die jaar in die middestad aangeval is. Slegs een van die haweloses het die aanvalle oorleef. Drie hawelose mense is verlede maand vermoor.
Die polisie het vroeër ontken dat ʼn reeksmoordenaar vermoedelik die moorde gepleeg het. – Daily Dispatch
© RDM News Wire
Die polisie sal nie n reeksmoordenaar ken as hulle een sien nie. Daar word 8 mense vermoor maar hulle se dis nie reeksmoordenaar nie. Ag please!!!