ʼn 31-jarige man van Richardsbaai is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy gevang is waar hy 235 km/h op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal met ʼn Golf GTI gejaag het.
Volgens Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsie se nooddienste, is die man omstreeks 17:00 deur die Gingindlovu-verkeerspolisie naby Mtunzini, sowat 30 km suid van Richardsbaai, aangekeer.
“Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur en dat hy die spoedbeperking op ʼn nasionale snelweg oorskry het,” het McKenzie gesê.
Die man moet Woensdag in die Mtunzini-landdroshof verskyn.
Ek hoop hulle vat sy motor en lisensie.
Sulke mense het hul voorreg verbeur om op die pad te kan bestuur.
as hy n BMW gery het was dit n beter spoed
ai…
Wat?????? 235km/uur met ‘n Golf GTI – dié kar moet “warm gemaak” wees. Ek kan nie glo dat dié ou skommelwaens ooit vinniger as 180 km/uur kan haal nie.
Die golf 7 gti se topspoed word aangegee as 244km/h, 0 -100 as 6.5 sek
235km/h en hy was nog nie eers deur al die ratte nie tegnologie is great deesdae en dis ‘n VW Golf GTI jy moet kers vashou dis 2017 nie 1966 nie
Never mind watter topspoed ander motors het…..sluit hom toe…groot gevaar op die pad
@Wilco Fourie & Lourens – ek moes bietjie die Golf-“fans” se beentjies trek. Ek ry ‘n ordinêre Hyundai en laat ek jou sê: sy topspoed mag net 220 wees, maar ek tráp hom! Dit is nie wát jy ry nie, maar hóé jy ry. Ek het al ‘n paar Golfies laat sterretjies sien met die wegtrek en 0-100 in onder 10 sek.
Karma. Dit is presies as gevolg van sulke opmerkings en optrede soos jy erken jy jouself aan skuldig maak dat daar 1700 plus noodlottige ongelukke die feestyd was.
Richardsbaai? Ek is verbaas! KZN se probleem is eintlik die roekelose Gauteng-bestuurders.