Man vas ná liggaam in put gevind is

Die polisie het Sondag op ’n ontbinde liggaam, vermoedelik dié van Baartman, afgekom. (Argieffoto ter illustrasie: pixabay)

’n 37-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die beweerde moord op sy vermiste vriendin, Zelna Baartman (30).

Die polisie het Sondag op ’n ontbinde liggaam, vermoedelik dié van Baartman, in ’n put in die Ezinyoka- informele nedersetting by Valencia, Addo, afgekom.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is die put vir die oprigting van ’n toilet gegrawe.

“’n Familielid het Baartman op 21 Junie as vermis aangemeld nadat sy enkele dae vantevore verdwyn het.

“Sy was saam met die verdagte toe sy op Vrydag 18 Junie vir die laaste keer gesien is.”

Nkohli sê ’n nadoodse ondersoek en DNS-analise word tans uitgevoer om te bevestig of dit Baartman se liggaam is .

“Die verdagte sal Woensdag in die Addo-landdroshof op aanklag van moord verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Noels244 ·

Dit maak my woedend om te weet dat ‘n mens – veral ons vrouens – se lewe deesdae absoluut niks beteken nie. Die wereld is mal, ja, verby mal. Wat gaan in jou binneste aan om ‘n ander mens net so te vermoor en in ‘n put te gooi?

Elize ·

Dit is die probleem met our people. Daar gaan niks in hulle binneste aan nie

Elinette ·

“Jou binneste”, vra jy? Dis eerder – wat gaan met hierdie “mense” aan. Oud-Eerste Minister Botha het nie verniet gesê: “Net omdat iets lýk soos ‘n mens, beteken dit ís ‘n mens nie”.

Kobus ·

Noels,ek stem saam met jou maar ‘n man se lewe is ook deesdae niks werd nie.Hierdie arrogansie van kriminele word gesterk deur die alewige sentimente wat die die MRK teen doodstraf geopper word.Dis dan kwansuis so wreed. Botswana steur hulle nie aan die al die twak nie en dis ‘n veilige land.’n Krimineel mag my doodmaak maar as dit by straf kom het hy/sy skielik regte. Wanneer daar weer wette is wat ons beskerm en toegepas word,sal die moord en doodslag stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.