‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 16-jarige meisie.
Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die man is Vrydagaand in Snake Park in Dobsonville, Soweto in hegtenis geneem. Makhubela sê die meisie se liggaam is verlede week in ‘n erf in Snake Park gevind.
“Ons het die verdagte in hegtenis geneem en hom aan dié moord sowel as twee ander moorde verbind. Hy het glo ook verlede jaar ‘n meisie vermoor en haar liggaam is in dieselfde straat gevind.”
Makhubela sê die verdagte is ook verbind aan ‘n saak in Rustenburg waar hy glo gepoog het om ‘n vrou te verkrag en haar toe doodgemaak het.
Makhubela sê die verdagte het in dieselfde straat in Snake Park gebly as twee van sy slagoffers en is dit ook naby aan waar hulle liggame gevind is. Die verdagte sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.